Predasiebestuur in Veeboerdery

© Roger de la Harpe
Lewendehawe boere lei ʼn verlies van ongeveer R2 biljoen elke jaar as gevolg van roofdiere soos die Swartrug Jakkals, Rooikat, Luiperd, Jagluiperd, Bruin Hiëna en selfs Kraaie en rondloper honde.

Die roofdiere is geklassifiseer as “probleme” in die verlede, maar deur nuwe manier van dink is daar besef dat dit nie die diere is nie maar predasie wat bestuur moet word om verliese te verminder. As gevolg daarvan was daar 'n verskuiwing van nie-selektiewe doodmaak van die roofdiere tot ʼn benadering van gekombineerde ingrypings wat uitruilbaar gebruik word om verliese te voorkom.

Die verskuiwing word ondersteun deur wetenskaplike navorsing wat gevind het dat die onoordeelkundige doodmaak van die jakkals en rooikat spreek nie die probleem van predasie aan nie. In sekere gevalle vererger dit die probleem deurdat dit die hiërargie van ʼn trop roofdiere verander. Valstrikke en gif kan ook diere doodmaak wat nie verantwoordelik is vir die skade nie en het ʼn negatiewe effek op die omgewing.

Translated by Wilma Koeppen