Valstrikke en Predasie Bestuur

© Chris Daly
Valstrikke kan gebruik word om roofdiere te vang, maar die strikke moet gespan word deur deskundiges wat nie die diere sal seermaak nie. Permitte is nodig om bedreigde en beskermde spesies te vang.

'Gin' Valstrikke

Volgens 'Roofdiere op Lewendehawe-Plase, ʼn Praktiese Boere Handleiding vir Nie-dodelike Holistiese Ekologiese aanvaarbare en Etiese Bestuur', saamgestel deur Bool Smuts in 2008, is 'gin' valstrikke verban deur meer as negentig lande regoor die wêreld.
Hierdie valstrikke veroorsaak baie pyn en leiding deurdat die dier se ledemaat vasgeklem word. Die roofdiere word nie net vermink in die proses nie maar hulle kan ook doodgaan van honger of dors as hulle nie vroegtydig vrygelaat word nadat hulle gevang is nie. As hulle wonde septies raak kan dit gangreen versoorsaak. Behalwe dit is 'gin' valstrikke ondiskrimenerend wat beteken dat onskuldige diere gevang kan word in hierdie barbaarse strikke.

Sagte Valstrikke

Volgens die Kaapse Luiperd Trust is sagte valstrikke verskillend van 'gin' strikke omdat hulle geen skerp getande metaal klampe het nie. Sulke klampe is ontwerp om baie skade te doen aan die ligamente, sagte weefsel en bene van die dier wat gevang is. Sagte valstrikke het ook metaal klampe, maar bevat rubber sponslae en swakker spiraalvere om te verseker dat geen spiere of ligamente van die diere beskadig word nie. Hulle is ook nie teiken gerig nie, maar ten minste kan die diere oor die algemeen onbeskadig losgelaat word.
Hierdie valstrikke moet daagliks gemonitor word sodat die diere wat gevang is so gou as moontlik losgelaat kan word om minder skade en spanning aan die diere te veroorsaak. Die valstrikke moet gespan word deur ʼn opgeleide persoon en mag nie geplaas word naby ander diere se voetpaadjies, in paaie langs omheinings of naby watergate nie.

Lewendige Vashou Strikke

Lewendige vashou strikke is hokke wat gemik is op roofdiere vang en hou totdat hulle hervestig kan word. Die valstrikke is ontwerp om nie die diere seer te maak nie en werk met ʼn snellermeganisme wat die deur toemaak sodra die dier in die hok is.
Die hokke moet gereeld geïnspekteer word om onskuldige diere vry te laat en die teiken roofdiere te verwyder en te hervestig. Deur nie gereeld die hokke te kontroleer nie, kan die gespanne diere wat gevang is doodgaan van honger of dors of hulle kan hulself seer maak as hulle aggresief uit die hokke probeer ontsnap.
Die vakstrikke word toegemaak met blare en takke, en die vloer van die hokke word met sagte sand bedek. Dit word in die pad wat die geteikende roofdiere gewoonlik gebruik gesit en spesifieke lokaas vir spesifieke roofdiere word gebruik. Luiperds is byvoorbeeld gewoontemisdadigers, maar die Rooikatte sal terugkom vir vars prooi. Party valstrikke het gewenkel en of dubbel ingange en werk gewoonlik met alle spesies behalwe jakkalse.
Die tipe hokke wat gebruik word sal verskil van spesie tot spesie. Die Predasiebestuur Handleiding adviseer boere om die hekke van die hokke met spons of rubber te bedek sodat die cheetahs en luiperds nie hulle sterte beskadig nie. Die Luiperds wat gevang is moet ook met dik seile bedek word en deur ʼn veearts bedwelm word om hulle kalm te hou voordat hulle na ʼn ander bestemming verskuif word. Dieselfde geld vir bruin hiënas, cheetahs en otters.

Translated by Wilma Koeppen