Identifikasie van Luiperde

©Shem Compion
Die naam van die luiperd (Panthera Pardus) is afgelei van die Griekse woord wat leeu en poema beteken, oor die vroeër geloof dat die luiperd ʼn hibried is van ʼn leeu en ʼn poema. Die luiperd word beskryf as een van die mees ontwykende van die groot vleisetende diere.
Die Afrika luiperd verskil in grootte en kleur afhangende van hulle lokasie en habitat. Volgens die South African National Biodiversity Institute (SANBI), het hulle ʼn verskeidenheid van kleur wat wissel van ligte geel tot ʼn diep goud of geelbruin kleur, met swart en aarbei variasies wat veroorsaak word deur outosomale resessiewe gene.
Kaapse luiperde van die kus bergstreke van die Weskaap is baie kleiner as die luiperde wat in die res van die land aangetref word. Die mannetjies weeg omtrent 31 kg en die wyfies omtrent 21 kg. Daarteenoorgestelde weeg die mannetjies in die Kurger Nasionale Park omtrent 58 kg terwyl die wyfies omtrent 37,5 kg weeg.
Ten spyte hiervan is die area waarin die Kaapse luiperd beweeg baie groter omrede die min beskikbaarheid van kos, tussen 200 km² and 1 000 km², en in vergelyking met die luiperde in die Kruger Nasionale Park wat tussen 25 km² tot 50 km² beweeg.
Waar jagluiperde individuele kolle het, het luiperde kringetjies van kolle ook bekend as rosette op hulle liggame, en het soliede swart kolle op hulle bene, koppe, kante van die liggaam en agterblaaie. Hulle het meer kolle as die jagluiperd en het ook nie die swart gesig lyne van die jagluiperd nie.
Hulle verkies koppies en rivieroewers in woude en vermy graslande. Volgens SANBI, word koppies gekies as ʼn plek om ʼn den te skep vir die kleintjies en is dit ook ʼn lekker uitkyk plek om prooi raak te sien. Luiperde word seksueel volwasse rondom 24 maande, maar hulle teel slegs van drie jarige ouderdom. Twee tot drie kleintjies word per werpsel gebore na ʼn swangerskap periode van ongeveer 100 dae.
Die kleintjies word goed weggesteek in beboste gebiede sodra hulle gebore is. Hulle is besonder kwesbaar tydens die eerste jaar van hulle lewe, veral as hulle in areas woon waar min voedsel beskikbaar is. Volgens SANBI is welpie vrektes in die omvang van tussen 35% en 90% afhangende van hulle habitat. Wyfies maak hulle kleintjies groot sonder enige hulp. Die kleintjies verlaat gewoonlik hulle ma rondom die ouderdom van 15 maande.

Dood en Voeding Patroon

©Roger de la Harpe
Luiperde is nagdiere, maar kan ook vroeg in die oggend aktief wees as hulle nie gesteur word nie. Hulle eet klein insekte en soogdiere asook ander vleiseters, maar verkies gewoonlik prooi wat tussen 10 kg tot 40 kg weeg. Rooikat en jakkals getalle neem af in areas waar hulle in kompetisie is met luiperde vir kos.
Volgens die Predasiebestuur Handleiding, vang luiperde slegs lewendehawe as prooi, in areas waar daar geen alternatiewe prooi is nie. Hulle het al meer gevang as wat hulle gevreet het, maar vreet slegs aan een karkas op ʼn slag. Hulle is groter en sterker as jagluiperde, so in plaas daarvan om die prooi te jaag, bekruip hulle dit en spring dan op die prooi. Die prooi word versmoor met ʼn byt aan die nek en keel, en word dan weggedra waar hulle in veiligheid kan eet byvoorbeeld onder digte bosse, tussen klippe of hoog op in bome. Daarom sal sleepmerke van die prooi gesien kan word.
Klou merke mag ook op die boud of skouers van groot lewendehawe gesien word, en die nekke van kleiner prooi sal gebreek wees. Volgens die Predasiebestuur Handleiding, word daar ʼn groot hoeveelheid van hare uitgetrek, en van die binnekant van die agterbene geëet. Hulle vreet gewoonlik 1 kg tot 2 kg vleis en verwyder selde die ingewande.

Bestuur

©Shem Compion
Luiperde is beskermde diere en mag in die Weskaap slegs deur bewaringsbeamptes gevang word deur gebruik te maak van vanghokke. In ander provinsies mag boere aansoek doen vir permitte om vanghokke te stel en moet hulle Natuurbewaring kontak om die luiperd te verwyder as hulle gevang is.
Anatoliese skaaphonde en donkies is baie effektief om te luiperd predasie te keer, maar die donkies moet saam met die lewendehawe grootgemaak word om hulle effektief te beskerm. Deur gebruik te maak van heinings en krale sal ook help om die lewendehawe te beskerm.

Translated by Wilma Koeppen