Identifikasie van die Kaapse Jakkals
Die volwasse Kaapse Jakkals groei tot ʼn lengte van tussen 86 tot 97 cm en weeg vanaf 2.5 kg tot 4 kg. Die Kaapse Jakkals (Vulpus chama), ook bekend as die Silwer Jakkals, is een van die kleinste jakkals spesies in Suid-Afrika. Dit is ʼn beskermde spesies volgens The Red List of Mammals of South Africa, Lesotho and Swaziland, wat hoofsaaklik bly in grasvelde, oopvlaktes met bosse en woude met min bome, veral in die droë Karoo areas, die Kalahari en die rand van die Namib Woestyn. Hulle is ook aangeteken in Kimberley Thorn Bushveld, Eastern Mixed Kama Karoo en Dry Sandy Highveld Grassland, sowel as die fynbos biome van die Weskaap, wat ʼn hoër neerslag van reën en digter plantegroei het. Hulle vermy die areas waar die Swartrugjakkalse (Canis mesomelas) baie voorkom.
Die Kaapse Jakkals hou lewenslank dieselfde maat, met die mannetjies en wyfies wat pare vorm tydens die lente en hulle kleintjies dan 52 dae later gebore word in die vroeg somer in September-November. Hulle het ook egter al kleintjies gekry in laat Desember. Gewoonlik het hulle net een werpsel per jaar maar daar was egter al gevalle aangeteken waar daar twee werpsels per jaar gebore is.
Werpsels bestaan gewoonlik uit 3 tot 4 kleintjies, met die mannetjies wat agter die wyfies kyk vir twee weke nadat sy geboorte geskenk het. Die kleintjies begin vir kos soek op 4 maande en word onafhanklik teen die tyd dat hulle 5 maande oud is. Hulle is seksueel volwasse vanaf 9 maande.
Dood en Voeding Patrone
Hulle is nag diere, maar meer aktief in die koeler daglig ure. Volgens die Predasiebestuur Handleiding, kan hulle alleen of in groepe gevind word, maar hulle jag op hulle eie. Hulle is nie baie gebied gebonde nie, met jag areas wat van drie tot dertig vierkante kilometer kan strek.
Dit is raar dat die Kaapse Jakkals die oorsaak is van lewendehawe verliese, siende dat hulle grootliks klein diertjies soos insekte, reptiele, voëls en knaagdiere jag. Indien hulle wel lewendehawe aanval is dit gewoonlik klein lammetjies van tot 4 dae oud. Onder hierdie omstandighede sal hulle slegs een dier doodmaak en sal vir hulle vir die keel of die prooi se kop gaan. Klein tand merkies kan op die nek, skouer of lyf van die karkas wees, maar daar sal geen klou merke wees nie en die karkas sal ook nie sleepmerke wys nie. Hulle maak gewoonlik ʼn klein opening aan die kant van die prooi en eet net die hart, melkmaag (abomasum), sagte agterbene of kombinasies van dit. Die punte van die ribbes is partykeer aan gekou maar geen bene nie. Op die rare tye wanneer ʼn groep jakkalse aan ʼn karkas vreet, sal die boude eerste verorber word. Die jakkalse kom gewoonlik terug na die karkas. Hulle spore is langwerpig en het toonnael merke soos ʼn hond.
Bestuur
Kaapse Jakkalse rig gewoonlik nie groot skade aan lewendehawe nie. Maak gebruik van Jakkals draad (heining van 1,2 meter hoog met opening van 74 mm) of elektriese heinings, krale om die diere aan te hou in die nag, geraas, lig en reuk afskrikmiddels, veldwagters en wag diere om verliese te voorkom. Die Rooikat vanghokke met aas is baie effektief vir die vang van die Kaapse Jakkals.
Translated by Wilma Koeppen