Bewaarders en Predasie Bestuur

©Ann Gadd
Vee kan teen roofdiere beskerm word op verskeie maniere wat die gebruik van veewagters, waghonde, alpakas, donkies, volstruise en innoverende tegnologie insluit.

Veewagters

ʼn Veewagter kan een van die waardevolste bates vir ʼn boer wees. ʼn Goeie veewagter kan ʼn natuurlike voorraadman wees wat probleme met diere maklik kan identifiseer en geen spanning versoorsaak wanneer daar na die diere omgesien word nie. Nie net hou hulle toesig oor die vee nie, maar ksn ook pro-aktief wees deur die heinings in ʼn goeie toestand te hou en ekstra voorsorgmaatreëls te tref teen roofdiere wanneer daar siek of kwesbare diere is.
Hierdie werk is egter ʼn baie eensame werk wat lang ure van die huis af vereis, veral as die vee oor groot areas wei. Baie mense stel nie meer belang om hierdie werk te doen nie. Die resultate hiervan is dat daar geen inligting oor die doen en late van veewagters meer van een generasie na ʼn ander oorgedra word nie.
Volgens “Predators on Livestock Farms, a practical farmer’s manual for non-lethal, ecologically acceptable and ethical management”, saamgestel deur Bool Smuts, kan die gebruik van veewagters nuwe werkskeppings geleenthede in die arbeidsmark inbring. Dit gaan gepaard met goeie sosiale, ekonomiese en omgewings voordele, veral as dit vergesel word met goeie aansporings soos winsdeling en vennootskappe.

Waghonde

©Ann Gadd
Veldwagters het deur die jare van verskeie tipes waghonde gebruik gemaak op die vee te beskerm teen roofdiere. Verskeie baster rasse soos die bekende “Turkish Anatolian Shepherd Dog” is die mees suksesvolste. Dit is alom bekend dat ʼn goeie waghond veeverlies tot 90 persent kan verminder.
Hierdie ras is werkende honde en word tussen die vee geplaas op die ouderdom van ses tot nege weke. Die honde moet altyd by die vee wees en nooit alleen in die kraal agterbly nie, selfs al is daar net twee van die vee wat by hulle bly, sodat daar ʼn band kan vorm tussen die vee en die ontwikkelende hondjies. Indien daar nie ʼn band vorm nie is die honde nutteloos.
Alhoewel hulle moet weet wie hulle baas is, moet dit ingeprent word by hulle dat hulle daar is om die vee op te pas en nie die plaashuis, erf of mense nie. Die honde moet nie toegelaat word om te hardloop of te speel met die trop terwyl hulle grootword nie, want dit kan die diere in gevaar stel. Die honde moet ook vertroud gemaak word met die ander plaasdiere en vee, om te verhoed dat hulle hierdie diere as ʼn bedreiging sien. Die honde moet nie toegelaat word om enige wild te jag nie en moet leer om spesies wat nie ʼn bedreiging inhou vir die vee nie, te verdra. Hulle sal nie hulle werk kan doen as hulle geleer het hoe om te jag nie.

Alpakas

©Jacques Marais
Alpakas moet grootgemaak word met die vee sodat daar ʼn sterk band kan vorm tussen die diere. Sodra daar ʼn sterk band gevorm het, sal hulle hulle gebied patroleer en beskerm teen enige bedreiging deur te byt, skop, jaag en spoeg. Alpakas behoort verkieslik te werk in pare met omtrent 250 ooie op 250 hektaar vir elke paar.
“Predators on Livestock Farms”, ʼn praktiese boere handleiding berig dat alpakas die lam presentasie tot 20 persent kan verhoog en roofdier verliese tot 80 persent kan verminder.

Donkies

©Ann Gadd
Donkies is tradisioneel gebruik as pak diere maar hulle is ook goeie bewaarders. Hulle word byvoorbeeld in Kenya gebruik om vee teen leeus te beskerm. Hulle het ʼn goeie kudde instink en sal instinktief bly by die trop waarin hulle grootgeword het.
Merries word verkies bo hingste, omdat hingste aggresief kan word teenoor ander vee en selfs skade kan berokken aan heinings.

Translated by Wilma Koeppen