Identifikasie van die Jagluiperd

©Shem Compion
Die Jagluiperd (Cheetah - Acinonyx jubatus) kry sy naam van die Hindi word “Chita” wat “spotted one” beteken oor die ronde swart kolle op sy ligbruin tot bruin oranje en goue-kleur pels. Hulle het klein koppies met öe wat hoog sit en kort ronde swart ore met wit merkies op die punte.
Daar hardloop ʼn swart lyn wat lyk soos ʼn traan spoor vanaf die binneste hoek van die oog tot die buitenste hoek van die mond wat help om die glans te absorbeer van die son tydens jag in daglig. Hulle het lang sterte met swart kolle en ringe wat loop tot by die wit puntjie van die stert.
Hulle sterk en skraal geboude liggame stel hulle in staat om tot 120 km/h te hardloop wat hulle die vinnigste diere op land maak. Die wyfies is bietjie kleiner as die mannetjies, met volwassenes wat in lengte van 1,8 m to 2,2 m lank is en 40 kg to 60 kg weeg.
Volgens die Tenikwa Webblad, word cheetahs geklassifiseer as een van die kleiner en nie groter katte nie, omdat hulle nie ʼn hioïedbeen het wat dryf in hulle nekke nie en ook nie brul nie, maar ʼn tjirpgeluide maak as hulle opgewonde is. Dit is een van die enigste kat spesies wat kloue het wat hulle nie heeltemal kan intrek nie, daarom is die kloue sigbaar in hulle spore. Hulle hou nie daarvan om te swem nie, maar van hulle het al, en is ook swak klimmers, alhoewel hulle bome met hangende takke of stamme sal gebruik om op te rus of om te gebruik as ʼn uitkykpunt.
Die mannetjie is nie baie territoriaal nie en mag inbeweeg in areas waar verskeie wyfies is. Behalwe die leeus is hulle die enigste kat spesies in Afrika wat ʼn groep sal vorm, wat gewoonlik bestaan uit ʼn wyfie en haar kleintjies of drie mannetjies van dieselfde werpsel.
Wyfies assosieer oor die algemeen net met ander folwasse jagluiperde tydens die paring siesoen wat enige tyd in ʼn jaar kan wees. Die swangerskap periode kan tot in die omgewing van 92 dae wees, met omtret 4 welpies wat per werpsel gebore kan word. Die welpies word gebore met ʼn mantel van pels wat van die nek oor die rug hardloop tot by die agterbene en kruis, wat hulle help kamoefleer. Hulle word ook weggesteek in lang gras of onder bosse en blare.
Volgens Tenikwa sterf 90% van die werpsel voordat hulle 3 maande oud is, met die helfte wat doodgemaak word deur roofdiere. Die ander helfte (tot 49%) lei aan ʼn swak en onderontwikkelde immuun sisteem te wyte aan die gebrek aan genetiese diversiteit.
Jagluiperde is een van die eksotiese kat spesies wat die maklikste is om mak te maak en gebruik is vir jag vir sport vir oor die 5 000 jaar. Hulle teel egter moeilik aan in gevangeneskap.

Doodmaak en Voeding Patroon

©Justin Fox
Jagluiperde jag gewoonlik in die dag, soggens vroeg of laat middag. Hulle verkies om in oop grasvelde, savannas, digte vegetasie of selfs in bergagtige areas te bly, omdat hulle gewoonlik hul prooi op kort afstande bekruip voordat hulle dit begin jaag. Sodra die prooi gevang is word die groot prooi versmoor met ʼn byt aan die lugpyp en die klein prooi kan doodgemaak word met ʼn vinnige byt aan die kop. Hulle sal hul prooi gou vreet sodra die dier doodgemaak is omdat hulle nie hul prooi van ander roofdiere kan beskerm nie. Die eindpunte van die ribbes sal afgeëet wees en die vel, bene en binnegoed sal gelos word. Jagluiperde gaan nooit terug na prooi wat hulle doodgemaak het nie en hulle eet nie die aas van die karkasse af nie.

Bestuur

©Shem Compion
Jagluiperde is ʼn beskermde spesies en mag nie doodgemaak word nie. Van die 100 000 wat by die draai van die twintigste eeu in Afrika, dele van die Midde Ooste en Sentraal Asia rondgeloop het, is daar minder as 7 500 oor in die natuur en minder as 1000 wat nog gevind kan word in Suid Afrika.
Om die predasie probleem te bestuur stel die Predasiebestuur Handleiding voor dat boere ʼn kraal van takke bou en ʼn lewendige bok as lokaas daarin plaas. ʼn Vanghok moet dan by die ingang van die kraal geplaas word om die jagluiperd te vang. Die jagluiperd kan verdoof word en verskuif word of Nature Conservation kan gekontak word om die jagluiperd te verskuif.
Heinings vir Jakkalse, elektriese heinings, geraas, ligte en reuk afweerders sowel as om diere in krale te sit en die gebruik van veldwagters en wag diere kan almal gebruik word om verliese te voorkom.

Translated by Wilma Koeppen