Identifikasie van Bobbejane
Die Chacma Bobbejane (Papio Ursunis) is selde verantwoordelik vir lewendehawe skade maar troppe bobbejane kan baie vernielsugtig wees en baie skade aanrig aan wingerde, groente en vrugte boorde. Hulle kom voor in verskeie areas regdeur Suid-Afrika, behalwe in die Namakwalandse Sandveld, waar daar min plek is om in die aand weg te kruip.
Hulle het goed aangepas in areas waar daar mense woon deurdat mense die bobbejane voer en hulle dan kos met mense assosieer, en ook die idee kommunikeer dat bobbejane hoër geag word as mense, omdat dominante bobbejane kos afvat van minder dominante bobbejane.
Bobbejane het ʼn snoet soos ʼn hond en is grys tot grys-bruin en swart van kleur. Daar is ook swart hare om die agterkop se rand en swart hare op hulle hande en pote. Die bobbejane is baie groot diere. Volgens die Predasiebestuur Handleiding, is die mannietjies 20 cm tot 160 cm lank, weeg 25 kg to 45 kg en het baie skerp tande, met ʼn donker pels van hare om die nek en skouers. Hulle sterte kan tot 86 cm lank wees. Wyfies is 100 cm tot 120 cm lank en weeg 12 kg tot 20 kg. Hulle sterte meet tussen 50 cm en 60 cm.
Bobbejane is seksueel volwasse teen die ouderdom van 5 jaar en hulle paar dwarsdeur die jaar. Die dratyd is 6 maande lank en die kleintjies word na ses maande gespeen maar bly nog afhanklik van hulle ma vir beskerming tot ongeveer op 2-jarige ouderdom. Die pa’s is baie beskermend oor hulle kleintjies en sal partykeer agter hulle kyk terwyl die ma’s kos soek.
Volwasse mannetjies verlaat gewoonlik hulle trop om by ander troppe aan te sluit op die ouderdom van 7 jaar, wat help om inteling laag te hou. Mannetjies is baie kwesbaar en word gesien as skurke terwyl hulle ʼn nuwe trop soek. Wanner die leier, genoem die alfa mannetjie, omvergewerp word, maak die nuwe leier gewoonlik al die kleintjies van die vorige leier dood. Sonder kleintjies wat gevoed moet word is dit dan ideaal vir voortplanting. Bobbejane kan tot 40 jaar oud word.
Dood en Voeding Patrone
Troppe bobbejane kan bestaan uit so min as sewe tot soveel as oor ʼn honderd bobbejane in ʼn trop, met hulle tuiste wat kan strek tussen 1.5 km² tot 40 km² volgens Die Trust vir bedreigde natuurlewe. Groter troppe is geneig tot groter verblyf areas met laer digtheid wat wyer strek, terwyl kleiner troppe in kleiner areas bly met ʼn hoër digtheid en wat ʼn hoër kwaliteit kos verskaf.
Bobbejane werk en werfskaf gedurende die dag en met sonsondergang gaan slaap hulle in bome of op kranse.
Terwyl bobbejane omnivore is, bestaan hulle dieet hoofsaaklik uit plant basisse. Om te jag is uitsluitlik die mannetjies se aktiwiteit volgens die Predasiebestuur Handleiding. Daar is nie ʼn spesifieke doodmaak patroon nie, en die prooi sterf gewoonlik aan verskeie wonde. Groter skape word soms omgegooi op hulle rug en dan op die bors gebyt, terwyl lammetjies soms oopgeskeur word.
Hulle voedings gedrag is baie morsig, met die prooi se velle wat by die kop en nek area afgetrek word. Hulle eet gewoonlik die melk maag, terwyl die ingewande verwyder word en die vel geskeur word om by die vleis uit te kom. Die ribbes, lewers, niere en harte word ook geëet.
Bestuur
Bobbejane is hoogs intelligente diere en leer vinnig om die afskrikmiddels te omseil. Elektroniese heinings, geraas, veewagters en wagdiere help om die verliese te bekamp, maar deur ondersoek is daar gevind dat reflektiewe prismas geen effekte op bobbejane het nie, veral waar dit in woongebiede aangebring word, omdat die bobbejane gewood geraak het aan die weerkaatsings van die huise se vensters.
Die relevante beheerliggame moet gekontak word vir permitte om bobbejane in valstrikke te vang of om hulle te skiet. Hulle is ʼn beskermde spesies in die Weskaap, en sodoende mag boere slegs 2 bobbejane per dag skiet op hulle eie land tensy hulle ʼn permit het om meer te skiet.
Die skiet van bobbejane kan groter probleme veroorsaak deurdat die jonger probleem bobbejane oorneem en groter skade aanrig. Volgens Baboon Matters,veroorsaak die doodmaak van die alfa mannetjie groot chaos in die trop en kan daar kleiner splinter groepies vorm wat landerye stroop en nie maklik beheerbaar is nie.
Translated by Wilma Koeppen