Tegnologie en Predasie Bestuur

©Roger de la Harpe
Met die ontwikkeling van nuwe tegnologie het Suid-Afrikaanse boere beter maniere om hulle vee te beskerm teen roofdiere en op te spoor. 'n Voorbeeld is die gebruik van hegplaatjies, kameras en GPS tegnologie wat boere kan gebruik om roofdiere op te spoor en waar te neem. Daardeur kry boere ʼn beter insig in roofdiere se gedragspatrone en kan beter predasiebestuur toepas. Op party grooter plase gebruik boere hommeltuie om hulle vee op die spoor en om roofdiere se bewegings dop te hou.

Elektroniese Afskrikmiddels

In plaas daarvan om leeu mis in die vee kampe te gooi om roofdiere af te skrik, kan boere nou elektroniese, sonkrag aangedrewe afskrikmiddels koop. 'n Voorbeeld hiervan is die Skaapwagter, wat nie net ʼn middel afskei wat die neuse van roofdiere irriteer nie maar ook ʼn hoë klank verkwensie uitstraal wat die roofdiere wegdryf. Die geluid wat uitgestraal word is skaars hoorbaar vir die mens en skaap maar ondraaglik vir roofdiere.
Hierdie afskrikmiddels is die meeste effektief in windlose kondisies en moenie gesien word as die enigste oplossing nie - dit moet 'n deel uitmaak van die holistiese bestuursbenadering.

Outydse Afskrikmiddels

In plek daarvan om ʼn duur elektroniese afskrikmiddel te gebruik kan boere gebruik maak van radios wat verskillende geluide skep en elke aand verskuif word na verskillende plekke in die kampe om roofdiere af te skrik. Dieselfde kan gedoen word met strategies geplaaste geel, oranje en wit ligte. Die Predasiebestuurs Forum adviseer boere om hierdie afskrikmiddels te gebruik vir ses-weke aaneen met ʼn maand se pouse tussenin.
Reuktoestelle moet nie langer as 6 weke gebruik word nie, om te keer dat die roofdiere aan die reuke gewoond raak. Dit moet afgewissel word met klank en lig afskrikmiddels. Ultrasoniese klanke moet nie naby uile en vlermuise gebruik word nie en ook nie langer as vyf weke op ʼn slag nie. Speel alternatiewe geluide tussenin.

Elektroniese Spoorsnyers

©Roger de la Harpe
Nog ʼn metode om jou vee te beskerm is dat hulle vir met jou 'kommunikeer' as daar moeilikheid is. Verskeie oplossings het ontwikkel uit hierdie idee, oorwegend in die vorm van ʼn halsband met ʼn GPS toestel wat gekoppel is aan ʼn app op die boer se foon.
Die halsband word geplaas op een dier in die trop. Deur hierdie dier te volg, sal die boer ʼn goeie idee hê wat die res van die trop doen omdat trop diere gewoonlik naby aan mekaar bly. Hierdie toestel stuur gewoonlik ʼn sms of alarm wanneer daar iets onnatuurliks gebeur. Byvoorbeeld, as al die diere skielik begin hardloop vir geen oënskynlike rede nie sal die alarm afgaan. Hierdie halsbande help nie net vir roofdierbeskerming nie, maar is ook baie effektief om veediefstal te voorkom. Boere gebruik die elektroniese spoorsnyers met ʼn paar vals elektroniese spoorsnyers tussenin om potensiële veediewe te verwar.

Ander Halsbande

Sekere halsbande kan vir 6 weke gebruik word om kwesbare diere, wie se nekke die roofdiere se teiken is, te beskerm. Alternatiewe halsbande wat roofdiere afskrik is bv. klokkies, reuk afskeiding of lig weerkaatsers. Hierdie halsbande werk die beste wanneer hulle afgewissel word met mekaar.

Elektriese Heinings

Die gebruik van nuwe tegnologie met elektriese heinings beteken nou dat boere nie langer langs die hele heining af hoef te beweeg om probleme te identifiseer nie. Hulle kan nou gewaarsku word wanneer daar ʼn bedreiging plaasvind en die presiese plek waar dit gebeur kan aangedui word. Daar moet egter gereelde inspeksie plaasvind vir hierdie tegnologie om reg te werk.

Translated by Wilma Koeppen