Identifikasie van die Ratel

©Karl Svendsen
Die Ratel (Mellivora capensis) is ʼn tawwe dikvellige wesel, waarna van Suid Afrika se Infanterie se gevegsvoertuie genoem is, die Ratel. Hulle Engelse naam “Honey Badger” kom van hulle voorliefde vir heuning, wat in die verlede baie konflik tussen hulle en heuningverskaffers veroorsaak het.
Ratels is bonkig gebou met kort beentjies. Hulle is hoofsaaklik swart, met grys strepe op hulle bolyf en kop. Hulle het kort bosagtige stertjies wat hulle regop hou terwyl hulle stap. Vowassenes kan van 90 cm tot 100 cm lank groei en weeg 8 kg tot 14 kg. Soos muishonde laat hulle onwelriekende vloeistof los wanneer hulle in nood verkeer.
Mannetjies en wyfies sal slegs ʼn paar keer ontmoet om te paar. Omdat daar nie ʼn paar seisoen is nie kan daar kleintjies gebore word regdeur die jaar.
Na ʼn swangerskap van omtrent sewe weke word die kleintjies gebore sonder pels en blind, in ʼn gat wat deur die wyfie voorberei is. Daar word net een kleintjie op ʼn keer gebore. Die welpie word verskuif na ʼn nuwe den elke paar dae totdat hulle reg is om hulle ma’s te vergesel om te gaan jag op die ouderdom van drie maande. Die ogies van die welpies gaan eers oop op die ouderdom van twee maande.

Doodmaak en Voeding Patrone

©Karl Svendsen
Ratels is opportunistiese vleiseters en hulle sien prooi as enigiets wat kleiner as hulself is soos insekte tot jong krokodille. Hulle is hoofsaaklik jagters, maar hulle sal ook aas of kos steel van ander diere en vuilgoeddromme.
Hulle is baie aktief in die nag gedurende die warm somer maande en in die dag gedurende die kouer winter maande. In die areas waar hulle nie versteur word nie is hulle meestal aktief vroeg in die oggend en laatmiddag.
Skelm individue sal soms klein lewendehawe doodmaak soos hoenders, kalkoene, skape en bokke wat die hoof teikens is. Volgens die Predasiebestuur Handleiding, maak hulle selde die prooi dood voordat hulle eet, maar eet gate in die prooi en skeur selfs ledemate af terwyl die prooi nog lewe.
Slegs klein bietjies van die vleis word geëet en gewoonlik vleis van die gesig, soos die neus, wange en tong. Die prooi word gewoonlik oopgeskeur van onder af met ʼn groot gat in die borskas.

Bestuur

©Marinda Louw
Ratels is gelys as ʼn beskermende spesies in Suid-Afrika. Boere het ʼn permit nodig om hulle te verwyder of dood te maak.
Ratels is goeie gatgrawers en het baie sterk kloue op hulle voorpote, wat hulle maklik in staat stel om deur draadheinings te kom. Deur lewendehawe in krale aan te hou, veldwagters en wag diere te gebruik om hulle op te pas is van die beste metodes om verliese te voorkom.
Die Ratel Vriendelike Etiket is ontwerp om die produksie van heuning aan te dui wat geen skade aan die Ratels doen nie. Die oorgrote meerderheid van heuning vervaardigers oorkom die problem met ratels deur hulle korwe ʼn meter bo die grond vas te maak aan pale.
Volgends die South African National Biodiversity Institute and Endangered Wildlife Trust, het skade wat deur ratels aangerig is afgeneem met omtrent 66% tussen 2001 tot 2009, deur die beskermende manier om die korwe te beskerm.

Translated by Wilma Koeppen