Identifikasie van Mak Honde

©Eric Miller
Mak honde (Canis familiaris) kan groot skade aanrig aan lewendehawe. Party mense dink dit is slegs honger, rondloperhonde wat skade veroorsaak, maar in werklikheid is dit baie keer goed gevoede familie troeteldiere, klein en groot wat op slagtings togte gaan en baie skade veroorsaak aan lewendehawe. Dit kan van Jack Russels tot Boerboele wees en is gewoonlik erger wanneer hulle in troppe opereer.
Honde kan kilometers aflê om skade aan te rig. Baie mense is glad nie bewus waarmee hul troeteldiere besig is nie. Selfs in Kaapstad is daar al berig oor troppe honde wat verwoesting saai op Tafelberg terwyl hulle eienaars by die werk is. Dit is veral ʼn problem wanneer daar plase naby woongebiede is.

Doodmaak en Voeding Patrone

Honde is uiters wreedaardige roofdiere. Hulle skeer en byt die prooi lukraak in geen gevestigde patroon nie. Daar sal baie spore van die honde wees omdat hulle daarvan hou om die prooi te byt terwyl hulle langs die prooi hardloop. Klein lammetjies word gewoonlik op die bors, kop of rug gebyt terwyl groot skape enige plek op die lyf gebyt sal word. Daar kan ook bytmerke wees op die ore, kop, nek en dye van die prooi.
Die doodmaak is oor die algemeen slordig, selde skoon en netjies soos ander natuurlike roofdiere dit doen, met die karkas wat heen en weer gesleep word. Die skade is ook oor die algemeen wyd verspreid, met baie diere wat doodgemaak of vermink word.
Spore word dikwels verwar met die van ʼn Jagluiperd, maar die katfamilie se agterste kussinkies onder die pote het W-vormige groewe wat tipies van die kat familie is.
Die aantal vleis wat gevreet word verskil van omtrent niks tot ʼn groot aantal. Hulle begin gewoonlik van agter te eet met groot stukke vleis wat uit die karkas geskeur word. Groot bene sal aan gekou of gevreet word, en daar mag groot stukke wol oral verspreid wees. Hulle kan ook groot stukke vel van die prooi afskeur.

Bestuur

©Eric Miller
Elektriese heinings is die grootste afskrikmiddel teen hierdie honde. As die diere in hokke gehou word soos bv. in die geval van hoenders, moet daar spesiaal opgelet word om seker te maak dat die honde nie bo-oor of onderdeur die heinings kan kom nie.
As daar problem is is die beste raad om die Society for the Prevention of Cruelty to Animals (SPCA) te betrek. Plaashonde moet in die aand opgesluit word, goed gevoer word en nie toegelaat word om sonder toesig rond te loop nie, om te keer dat hulle ʼn probleem word. Rondloperhonde kan gevang word in hokstrikke. Boere het die reg om rondloperhonde op hulle plaas dood te skiet om lewendehawe te beskerm.

Translated by Wilma Koeppen