Identifikasie van die Bruin Hiëna

©Roger de la Harpe
Die bruin hiëna (Hyena brunnea) is ook bekend as die strandwolf – oor sy manier om langs die strand af te hardloop op soek na kos.
Hulle is die derde grootste hiëna spesies en kan uitherken word aan hulle lang donkerbruin ruig hare wat ook swart kan wees op hulle liggame en die ligter kleur op hulle skouers en nekke. Die volwassenes groei van 130 sentimeters tot 160 sentimeters lank, met die mannetjies wat gemiddeld 47 kg en die wyfies omtrent 42 kg weeg.
Bruin hiëna’s se voorbene het horisontale lyne en is baie langer as hulle massiewe agterbene wat hulle skouers baie hoër as hulle agterlyf maak. Hulle het groot koppe met minder hare as op die res van hulle liggame en hulle het ook lang gepunte ore. Bruin hiëna’s bly gewoonlik in familiegroepe wat kan bestaan uit van 4 tot 20 individuele in ʼn groep, maar party mannetjies en wyfies word alleenlopende swerwers. Wyfies paar gewoonlik met ʼn alfa mannetjie in die groep of met nomadiese mannetjies wat in die familiegroep se area inbeweeg. Nomadiese mannetjies ruik gewoonlik die wyfies uit wat op hitte is deur die territoriale reuk merke wat deur die familiegroep gemaak is.
Bruin hiëna’s word seksueel volwasse op die ouderdom van omtrent twee en ʼn half jaar. Die paar seisoen is gewoonlik vanaf Mei tot Augustus afhangende van die beskikbaarheid van kos. Die wyfies gee geboorte in geïsoleerde gate en neem dan die kleintjies na ʼn paar weke na die res van die familiegroep. Omtrent een tot vyf kleintjies word gebore na ʼn swangerskap van omtrent 100 dae. Hulle drink aan die ma tot op die ouderdom van veertien maande.

Doodmaak en Voed Patrone

©Nigel Dennis
Bruin hiëna’s is hoofsaaklik aasdiere, wat ook ʼn wye verskeidenheid van klein gewerwelde diertjies, insekte en vrugte eet. Hulle wei gewoonlik alleen, maar verskeie diere, selfs van ander familiegroepe, sal baiekeer saam aan ʼn groot karkas vreet. Hulle is meestal bedrywig in die nag, maar wanneer voedsel skaars is is hulle meer bedrywig in die dag. Hulle is swak jagters, so lewendige prooi maak ʼn klein deeltjie uit van hulle dieet. Individuele diere mag egter partykeer in roofdiere van lewendehawe verander. Boere moet onthou dat as hulle ʼn hiëna sien vreet aan ʼn karkas dit nie noodwendig beteken dat hulle die diere doodgemaak het nie.
Volgens die Predasiebestuur Handleiding, word die prooi van agter gevang, grond to gebring en doodgemaak deur die skedel met hulle sterk kake te verbrysel, te byt aan die agterkant van die skedel wat die breins oopmaak, of ʼn byt op die kant van die nek toe te dien met een tand naby die oog van die prooi en die ander by die basis van die nek.
Klein diertjies sal heeltemal verorber word, terwyl slegs dele van die ribbekas van groter diere agtergelaat sal word. Die skedels of groter bene kan verbrysel wees maar die binnegoed word selde geëet.

Bestuur

©Roger de la Harpe
Deur “agter hiëna’s te kyk” kan baie positief wees omdat die kompetisie met ander kleiner roofdiere soos jakkalse kan help om die doodmaak van lewendehawe te keer. Op jag plase speel hulle ʼn belangrike rol in die voorkoming van verspreiding van siektes omdat hulle die oorblywende aas (oorblyfsels van die prooi) eet.
ʼn Permit is nodig vir die vang en loslaat van die bruin hiëna, siende dat hulle ʼn bedreigde spesies is en die skaarsste van die Bruin Hiëna familie is. Hulle word gelys by die Internasionale Unie van beskerming van Natuurbewaring as ʼn spesie wat amper uitgesterf het. Elektriese heinings is een van die beste maniere om gevlekte hiëna’s weg te hou van lewendehawe, terwyl om van die lewendehawe in krale te sit, veldwagters en wag diere gebruik te maak kan die diere teen die roof van die bruin hiëna beskerm word.

Translated by Wilma Koeppen