Predasiebestuur Forum

©Eric Miller
Lewendehawe verskaffers neem volhoubare predasiebestuur so ernstig op dat die National Wool Growers’ Association, die Red Meat Producers’ Organisation, die Mohair Growers’ Association en Wildlife Ranching South Africa die Predation Management Forum in Junie 2009 gestig het.
Daar is verskeie redes hoekom die forum gestig is, onder andere dat predasie nie in ʼn vakuum bestaan nie, en dat strategieë en aksies oor die probleem aangespreek en getoets moet word teen die oppergesag van die reg in Suid-Afrika, terwyl individue die reg het om hulle lewendehawe en wild te beskerm. Daar is ook 'n groeiende behoefte om te verseker dat die strategieë, wat gebasseer is op grondige wetenskaplike beginsels, aangespreek en bestuur word.
Die doel van die forum, volgens die Predasiebestuur Forum, is om ʼn platvorm te verskaf vir die skakeling en koördinering van aktiwiteite van bedryfsorganisasie in die lewendehawe en wildsplaas afdelings om predasie verliese te verminder deur middel van ekologies en eties aanvaarde metodes, wat die biodiversiteit van Suid Afrika sal beskerm.

Verenigde Benadering

©Roger de la Harpe
Om predasiebestuur suksesvol toe te pas, moet al die boere en eienaars van grond saamwerk, omdat probleme op een plaas heel waarskynlik sal uitkring en ander plase sal affekteer. Om ʼn plaas te hê langs ʼn bewaringsgebied of 'n naweek boer, wat nie veel omgee oor hierdie diere nie, is ʼn regte bekommernis.
Die koste van volhoubare bestuur is 'n groot uitdaging, veral vir kleinskaalse en opkomende boere, omdat die bou van heinings baie duur is, en baie van hierdie boere nie voertuie of implemente het om hierdie diere suksesvol te hanteer nie. In sommige provinsies het die boere permitte nodig om sekere diere wat verliese veroorsaak te skiet of te vang, en vir sekere spesies wat geskiet is moet die boere ʼn fooi van oor die R500 betaal per dier (2016).
Dieselfde geld vir boere wat saam boer waar die vraag gewoonlik geopper word wie verantwoordelik is vir die betaling van hierdie intervensies.

Translated by Wilma Koeppen