Identifikasie van die Vaalboskat
Die Vaalboskat (Felis silvestris lybica) is ʼn inheemse dierspesie van Afrika en ʼn voorvader van die huiskat. Hulle lyk soos huiskatte, maar het baie langer bene en dit stel hulle in staat om amper vertikaal regop te sit.
Vaalboskatte is wilde katte met ʼn sanderinge tot rooi-bruin pels, wat donkerder van kleur is in die natter areas en ligter van kleur in die droëer areas. Die Wilde katte het baie ligte, min en dun tot vet strepies wat wyd gespasieer is op hul pels. Hulle het dikwels roomkleurige kolle op hulle nek, maag en tussen hulle voorbene (bors gedeelte).
ʼn Volwasse wildekat kan tussen 85 tot 100 cm lank wees en 2.5 to 6 kg weeg. Hulle spore is baie dieselfde as die Rooikat, net baie kleiner.
Hulle is alleenlopend behalwe tydens die paar seisoen of wanneer die wyfies agter die kleintjies kyk. Die wyfies lewer tot 5 kleintjies per werpsel. Die kleintjies begin jag op die ouderdom van 12 weke en word onafhanklik teen die ouderdom van vyf maande. Hulle word gesien as ʼn bedreigde spesies omdat hulle onderhewig is aan verbastering met huiskatte. Seker stamme van wilde katte is heeltemal uitgewis in party nedersettings waar daar huiskatte is.
Doodmaak en Voeding Patroon
Wilde katte eet hoofsaaklik klein diertjies soos knaagdiere, konyne, voëls, reptiele, spinnekoppe en paddas. Hulle word egter ook op party plekke gesien as groot roofdiere van hoenders en klein lammetjies van tot vier dae oud.
Vaalboskatte vang slegs een lammetjie op ʼn slag. Die bytmerke is om die nek en die lam word dan weggedra en partykeer bedek om dit weg te steek. Daar sal duidelike klou merke onder die vel wees. Partykeer is die lammetjies nie dood nie, maar sal dan nekke hê wat geswel is, koppies wat hang en hulle maak roggelende geluide omdat hulle lugpypies gate in het van die wildekat se tande. Wildekatte eet normaalweg die vleis van die bors en binneboud terwyl die ingewande gelos word.
Bestuur
Wildekatte veroorsaak selde groot probleme aan lewendehawe. Skade kan gekeer word deur gebruik te maak van Jakkals-draad (draadheiding wat 1.2 m hoog is met opening van 74 mm), elektriese heinings, krale waar die vee in gesit word, geraas, lig en klank afskrikmiddels asook die gebruik van diere wat waghou soos die Anatoliese honde, donkies, volstruise of veldwagters wat agter die diere kyk tydends tye van kwesbaarheid.
Boere moet permitte hê om wildekatte te vang. Deur hokke te gebruik met lokaas binne-in, soos wat gebruik word met die vang van Rooikatte, werk baie goed.
Translated by Wilma Koeppen