Diere Identifikasie

Alle vee, skape, bokke, volstruise, varke en perde moet gebrandmerk word met ʼn identifikasiemerk volgens die Diere Identifikasie Wet (Wet 6 van 2002). Hierdie diere identifikasie maak dit nie net makliker vir die eienaars om hulle diere wat gesteel is op te spoor nie, maar ook om die veediewe te vervolg.

Aansoek

Boere moet aansoek doen vir ʼn identifisasiemerk by die Registrateur van Diere Identifikasie by die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Die uitsondering is stoettelers wat hulle diere moet registreer of op rekord sit by die Suid-Afrikaanse Stoetteler Boek en Lewendehawe Assosiasie.
Aansoek vorms is beskikbaar by uitbreidings kantore, magistraats kantore, die veediefstal eenhede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Registrasie van Diere Identifikasie. Aansoeke moet vergesel word met ʼn bewys van die boer se adres wat nie ouer as 3 maande is nie.
Sodra dit ontvang is neem dit ongeveer 2 weke vir die Registrateur om die teken te registreer op die Nasionale Register van die Diere Identifikasie Sisteem wat die Suid-Afrikaanse Polisie Diens toegang tot het.
Die Identifikasiemerk is uniek aan elke eienaar en bestaan uit nie meer as drie karakters nie (letters of simbole). Niemand anders mag hierdie identifikasiemerk gebruik sonder die eienaar se toestemming nie. Indien die identifikasiemerk oorgedra word aan iemand anders moet die nuwe eienaar aansoek doen vir die oordrag daarvan.

Regulasies

©Peter Delaney
Spesifieke reëls geld aangaande die grootte, patroon, vorm en komposisie van die identifikasiemerk, sowel as die manier wat spesifieke dele van die dier gemerk mag word of nie. Tatoeëring mag byvoorbeeld nie groter as 20 mm in hoogte of breedte wees nie, waar brandmerke weer meer as 40 mm maar nie meer as 100 mm breedt en hoog mag wees nie. Volgens die Nasionale Veediefstal Forum moet diere gebrandmerk word binne twee weke nadat hulle gekoop is.
Vee kan getatoeër word op die ouderdom van een maand en gebrandmerk word vanaf ses maande. Hulle moet gebrandmerk word teen die tyd dat hulle eerste paar permanente snytande verskyn (twee-tand stadium). Die tatoeëermerk kan op albei kante van die oor aangebring word, terwyl brandmerke aangebring kan word op enige plek van die lyf behalwe die nek. Boere moet seker maak dat brandmerke nie aangebring word op dele van die liggaam wat ʼn negatiewe impak op die waarde van die diere se vel sal hê nie.
Klein vee soos skape, bokke, en varke moet getatoeëer word aan albei ore teen die ouderdom van ʼn maand.
Volstruise kan onder hulle vlerke getatoeëer word op die ouderdom van een tot ses maande. Op ses maande mag hulle gebrandmerk word op die buitekant van hulle dye. Die tatoeëermerk of brandmerk mag net bestaan uit twee karakters, met die brandmerk karakters wat 6 mm van mekaar geplaas kan word, of langsaan of onder mekaar, en die tatoeëer karakters langs mekaar.
Perde mag getatoeëer word vanaf ses maande en gebrandmerk word vanaf die ouderdom van twaalf maande.

Translated by Wilma Koeppen