Identifikasie van Kaapse Meeue

©Karl Svendsen
Die Kaapse meeue (Larus Vetula) verkies om vis, wurms, skulpvis, en eiers van kleiner voëls te eet, maar mag ook prooi op kleiner lewendehawe soos lammetjies en kalfies.
Kaapse meeue bly meestal langs kusstreke en is swart op hulle boonste dele en wit op die onderdele, koppe, nekke en sterte. Die primêre diere het wit kolle op die punte van die vlerke, terwyl dit aan die onderkant wit is met swart naby die einde van die vlerke. Die volwassenes het donker öe en ʼn helder rooi kol op die end van hulle snawels wat andersins geel is. Volgens die Hollandse wetenskaplike Niko Tinbergen pik die kleintjies op hierdie kolle wanneer hulle honger is
Volwasse voëls kan ʼn vlerkspan van 128 cm tot 142 cm hê en van 0.6 kg tot 1.3 kg weeg. Kaapse meeue is hoofsaaklik sittende voëls wat in groot kolonies in kusgebiede bly. Behalwe vir die groter Kaapstad area, kom hulle selde voor verder as ʼn paar kilometer binnelands. Voëls van oor die 24 jaar oud is al opgeskryf sowel as voëls wat meer as 1 211 km ver van hulle neste gevlieg het.

Doodmaak en Voed Patrone

©Roger de la Harpe
Hulle kom gewoonlik bymekaar by gewilde voedings plekke, en het ook al prooi in massas aangeval. Hulle val gewoonlik die öe van die prooi eerste aan. Hulle voedings patrone is baie dieselfde as kraaie sin, met die aanval wat gewoonlik geskied deur die öe, mond, naeltjie en anus om in die karkas te kom.

Bestuur

©Karl Svendsen
Seemeeue is ʼn beskermende spesie, en boere het permitte nodig on hulle te beheer. Dit maak sin om die beskikbaarheid van kunsmatige voedselbronne deur beter afvalbestuur toe te pas. Vuilgoeddromme moet stewig toegemaak word, voëlvoerders moet verwyder word en diere se kosbakke moet ingeneem word.
Gehoor en visuele afskrikmiddels, soos voëlverskrikkers en weerkaatsers kan gebruik word om hulle weg te hou van weerlose diere, en ander stappe kan geneem word om weerlose lewendehawe te beskerm. Verwagtende ooie moet verskuif word ʼn paar weke voor geboorte na kampe waar dit makliker is vir veldwagter om hulle op te pas, en moet langer bly na geboorte totdat die lammetjies nie meer so weerloos is nie.

Translated by Wilma Koeppen