Perske Vrugte Variëteite

Suid Afrikaanse Perskes

Perskes was een van die eerste vrugte wat na die aankoms van Jan van Riebeeck in 1652 in die Wes-Kaap aangeplant is, en teen 1892 was dit saam met nektariens van die mees aangeplante bome in die Kaapkolonie.

Perskes het die weg gebaan vir vrugte uitvoer toe dit die eerste vrugte was wat in Januarie 1892 uit Suid-Afrika uitgevoer is. Die steenvrugte was aan boord van die Drummond Castle stoomskip na Engeland gestuur en het baie beter pryse gekry as wat daar aanvanklik verwag is.

Suid-Afrika Variëteite

Talle nagereg en taaipitperske rasse word in Suid-Afrika geplant met die keuse wat gewoonlik gelei word deur die produksie vereistes en mark navraag. Ou rasse wat meer doeltreffend is word met beter rasse vervang wanneer hulle beskikbaar raak.

In 2014 was die grootste nagereg perske kultivars die Transvalia, Sunsweet, Temptation, Witzenberg, San Pedro, Novadonna, Summersun, Golden Pride, Experimental, Fairtime en Excellence.

Kakamas, Keisie en Sandvliet was verantwoordelik vir meer as die helfte van alle taaipitperske rasse op die een of ander tydstip. Die ander rasse wat ingesluit was is Oom Sarel, Western sun, Prof Neethling, Cascade, Supreme, Prof Malherbe, Woltemade, Goudmyn en Bonnigold.

Taaipitperskes of Nagereg Perskes

Perske produksie is verdeel in twee kategorieë nl. taaipitperskes en nagereg perskes. Taaipitperskes het 'n pit wat geneig is om te klou aan die vlees van die perske wat dit moeilik maak om die pit te verwyder sonder om die vlees te beskadig. Hierdie perskes word hoofsaaklik gebruik vir inmaak en die maak van purees, konfyt en jellies.

Nagereg perskes word ook Freestone perskes genoem omdat die pit maklik is om te verwyder sonder om die vlees te beskadig. Hulle is oor die algemeen groter, stewiger en minder sappig as taaipitperskes. Hulle word gewoonlik in die vars mark verkoop alhoewel hulle ook vir inmaak en bak gebruik kan word.

Gebruike

Perskes is hoog in vesel, vitamiene en minerale en bevat voordelige plant verbindings soos anti-oksidante wat help om die liggaam te beskerm teen die gevolge van veroudering. Die vrugte en skil is eetbaar, maar die pit moet weggegooi word.

Perskes kan rou geëet word, in slaaie gebruik word, gedroog, geblik of gebruik word om blatjang, souse, versuikerde vrugte of konfyt van te maak of vir bak gebruik word. Hulle kan ook versap of verpulp word.

Wenke

By die aankoop van vars vrugte kyk uit vir gladde, ferm en helderkleurige vrugte. Sagte vrugte en ferm vrugte kan onmiddellik geëet word. Ferm vrugte kan egter vir langer gehou word en om dit ryp te maak kan dit in 'n bak met ander vrugte soos appels of piesangs geplaas word. Perskes kan in die yskas geplaas word om stadiger ryp te word.

Die pit kan verwyder word deur die perske langs die naat af te sny en die helftes in die teenoorgestelde rigtings te draai en dan van mekaar te trek.

Translated by Wilma Koeppen