Perskes is inheems aan die noord-weste van China. Daar word geglo dat hulle vir die eerste keer langs die Yangzi Rivier geëet is waar versteende perske pitte gevind is wat uit 6 000 VC dateer.
Daar is geglo dat Perskebloeisels vermoedelik "bose geeste afweer". Soveel so dat soldate perskebloeisels sou dra as hulle hulle keisers wat sou reis tussen dorpe voorafgegaan het. Perskebloeisels is op voordeure gehang aan die begin van elke nuwe jaar. Die perske is ook gesien as 'n simbool van lewe en die onverderflikheid.
Die botaniese naam vir die perske is Prunus persica wat "geskenk van Persië" beteken en verwys na die Persiese bekendstelling van die perske aan die Romeine, wat dit versprei het na ander dele van die wêreld. China is steeds die voorste perske produsent in die wêreld, gevolg deur Italië en dan die Verenigde State.
Die meeste van die perskes van Suid-Afrika word in die Wes-Kaap geproduseer. Ceres is die voorste nagereg (Freestone) perske produksie gebied, gevolg deur Piketberg, die Noordelike Provinsie, Klein Karoo, Wolseley, Tulbagh, en Paarl. Klein volumes word ook in die Vrystaat, Oos-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, Langkloof en Hexriviervallei geproduseer.
Die Klein Karoo is verantwoordelik vir byna die helfte van die taaipitperske produksie in die land met relatief groot volumes wat afkomstig is van Ceres, Wolseley, Tulbagh, die Suid-Kaap en Worcester. Klein volumes word ook geproduseer in Villiersdorp, Vyeboom, die Hexrivier, Langkloof-Ooste, Piketberg en Mpumalanga.
Die Suid-Afrikaanse produksie seisoen loop vanaf Oktober tot Maart afhangende van die verskeidenheid en produksie streek. Dit laat toe dat die land vrugte na die Noordelike Halfrond uitvoer wanneer die produksie seisoen van dié lande verby is.
Suid-Afrika is nietemin 'n klein internasionale speler en verantwoordelik vir 'n bietjie meer as 15% van die perskes wat in die Suidelike Halfrond geproduseer word. Hul vernaamste mededingers vir die Europese en Asiatiese markte is Chili, Argentinië en Brasilië.
Suid-Afrikaanse perske produksie het 210 000 ton in 2015 oortref maar teruggetrek na ongeveer 200 000 ton in 2017 as gevolg van ernstige droogtetoestande. Sowat 70% van die oes word elke jaar gebli, terwyl die res óf plaaslik verkoop, gedroog of uitgevoer word.
Mosambiek, Zimbabwe, Lesotho, Singapoer, die Verenigde Koninkryk, Angola, Hong Kong, China, Mauritius, Saoedi-Arabië en die Emirate verteenwoordig die belangrikste uitvoer-bestemmings.
Translated by Wilma Koeppen