Mango's in Suid-Afrika

© Westfalia Fruit

Mango's kan verbou word in 'n wye verskeidenheid van tropiese tot dorre klimate. Die grootste aantal Suid-Afrikaanse mango's kom uit die Hoedspruit omgewing in die Limpopo-provinsie. Alhoewel mango's al vir eeue in Suid-Afrika geplant is, het aanplantings van mango's in die Wes-Kaap provinsie tydens die 21ste eeu begin. Dit het gehelp om die mango seisoen uit te brei tot aan die einde van Mei, omdat die Wes-Kaap bekend is vir sy latere vrugte seisoene in vergelyking met ander vrugte produserende provinsies soos die Noord-Kaap.

Mango's is beskikbaar tydens die Suid-Afrikaanse somer wat in November begin en op sy hoogtepunt in Januarie en Februarie is. Die mango seisoen begin met die rooi velkleur Tommy Atkins kultivar en eindig met die groen-skil Keitt. Die velkleur is nie 'n aanduiding van rypheid nie. Om aan die stampunt van 'n mango te ruik sal 'n beter aanduiding wees of dit ryp is. 'n Ryp mango het 'n vrugtige aroma.

Hierdie afdeling oor mango's kyk na mango produksie, boerderypraktyke, hantering en gebruik van mango's, wat die verbruik en verbouing van hierdie voedsame en veelsydige vrug sal inspireer.

Translated by Wilma Koeppen

Die Oes en Ryp word van Mango's

Mango's is 'n alternatiewe drag oes wat beteken dat gewasse wissel in grootte van een jaar na die volgende. Goeie boord bestuurspraktyke soo...more

Hoe om met Mango's te Boer

Mango's is 'n alternatiewe drag oes, wat 'n groot oes die een jaar kan lewer en die opbrengs met sowat 25% die volgende jaar kan verminder. ...more

Mango Kultivare, Suid-Afrika

Vir die mango boer sal die keuse van watter mango kultivare om te plant afhang van faktore soos klimaat, tyd van rypwording (dws die laat en...more

Mango Produksie

Die mango is een van die mees algemene en veelsydigeste vrugte in die wêreld met 'n produksie wat in Asië, veral Indië en China gefokus i...more

Mango's - Suid-Afrika

Mango’s (Mangifera indica L.) is die nasionale vrug van Indië, Pakistan, en die Filippyne. Dit groei goed in subtropiese gebiede waaronde...more

Gebruike van Mango's

Die Suid-Afrikaanse mango-oes word hoofsaaklik verwerk tot gedroogde mango's, atjar, en sap. Dit word ook vars verkoop as uitvoere en deur n...more