Mango's is 'n alternatiewe drag oes, wat 'n groot oes die een jaar kan lewer en die opbrengs met sowat 25% die volgende jaar kan verminder. Bome neem sowat drie tot vier jaar om vrugte te begin dra en afhangende van die streek kan dit tot agt jaar neem. Dit is veral waar vir die Hoedspruit omgewing in die Limpopo-provinsie terwyl dit in Clanwilliam tot 12 jaar kan neem om tot volwasse en volle produksie kapasiteit te groei.
Mango bome kan 'n wye verskeidenheid van klimaatstoestande verdra - van warm en bedompig tot koel en droë klimaats toestande. Daarom kan dit oor 'n wye gebied in Suid-Afrika verbou word. Die temperatuur waarteen mango's suksesvol gegroei kan word is vanaf 5°C tot 45°C, maar optimale dagtemperature moet tussen 27°C tot 36°C wees.
Mango's kan humiditeit asook droë lug voorwaardes duld maar humiditeit moet verkieslik onder 55% vanaf Oktober tot wanneer die vrugte geoes word in die maande van Desember tot Maart wees.
Mango's doen die beste in areas wat droog is gedurende die lente tot vroeë somer omdat die blomme en die ontwikkeling van vrugte baie sensitief is vir swamsiektes wat onder vogtige toestande ontwikkel.
Kies wind-beskermde gebiede of plant windskerms naby mango boorde. Wind veroorsaak skaaf en krapmerke en kan veroorsaak dat die vrugte afval. Vel perforasies as gevolg van wind skade kan lei tot swam en bakteriese infeksies. Verhoed dat wind skade aanrig deur die aanplant van windskerms en plant boorde diagonaal na die dominante windrigting.
Kies sterk plante uit betroubare kwekerye. Inspekteer die blare en blomme, litte, ent samesmeltings (eenhede) sowel as die grond mengsel en die boom se wortelstelsel.
'n Deeglike grondontleding voor aanplanting sal aandui watter voedingstowwe gebrekkige of in oormaat is. Dit kan tydens grondvoorbereiding voor aanplanting en weer tydens die groeiseisoen volgens blaar ontledings aangepas word.
Mango's behoort aan die einde van die koue en reënseisoen - Augustus-September is die beste- geplant te word. Plant afstande hang af van die groei van die kultivar en kan wissel van 12 x 12 m van mekaar af tot 2,5 x 2,5 m in hoë-digtheid mango boorde.
Na aanplanting ontwikkel mango’s 'n sterk penwortel wat tot 6 m diep kan verleng.
Mango bome groei en produseer goed op verskillende grondtipes, maar 'n sandleem of leem (met 'n klei-inhoud van 15 tot 25%) grond is ideaal. Grond met op mekaar gepakte lae sowel as grond wat kan lei tot versuiptoestande moet vermy word. 'n pH balans van 6-7,2 is optimaal.
Afhangende van die intensiteit van die boerdery, kultivar en bestuurstyl sluit bestuurspraktyke aksies soos bemesting, besproeiing, snoei, gewasbeskerming en nog baie meer in. 'n Paar aspekte word hieronder aangedui. Meer gedetailleerde advies kan gevind word deur die aansluiting by tegniese studie groepe en van landbou adviseurs.
Mango bome blom op 'n skatting van 28 dae. Hoewel mango bome selfbestuiwend en kruis-bestuif kan word deur wind of insekte beveel die Landbounavorsingsraad (LNR) bye bestuiwing aan van mango bome met 3-15 korwe / ha.
Mango bome word na die oes gesnoei en al die pluime (kort 'takke' wat die mango's hou) word afgeknip. Snoei om bome 'oop' te maak vir behoorlike penetrasie van sonlig tot in die middel van die boom en verwyder ou hout om nuwe groei aan te moedig.
Bevrugting, afhangende van grond en blaar ontledings word gewoonlik na die oes gedoen.
Om mango's te beskerm teen siektes soos antraknose en vrugtevlieë is dit die beste om dit volgens 'n geïntegreerde plaagbestuur program te doen. Chemikalieë wat gebruik word in mango produksie moet geregistreer word en dit is belangrik om te voldoen aan protokolle wat verband hou met die bespuiting van die gewasse en die mark beperkings.
Hoewel mango bome droogte-verdraagsaam is verhoog besproeiing die vrugte opbrengs en vruggrootte. Die tipe besproeiing en besproeiings program is afhanklik van faktore soos grondtipe, bestuurstyl en klimaat, en dit is die beste om dit met 'n besproeiingstelsel kenner te bespreek. Beide mikro en drupbesproeiing word in Suid-Afrika gebruik.
Antraknose is 'n algemene na-oes swamsiekte wat al die mango kultivars raak en kan gesien word as bruin-swart kolle op die blare. Mango's word minder geraak in warm gebiede waar dit vroeg ryp word en waar dit nie aan die bome hang dwarsdeur die reënseisoen nie.
Bakteriële swartvlekke is nog 'n reën verwante siekte en kan behandel word met koper gebaseerde bespuitings. Dit manifesteer as water-geweekte letsels op die vrugte. Witroes is 'n swamsiekte wat sigbaar is as wit poeieragtige kolle op jong lote, blare, blomme of vrugte.
Peste van mango's sluit in die vrugtevlieg, mango kewers en “tip wilter”, 'n plaag in jong bome.
Translated by Wilma Koeppen