Gebruike van Mango's

© National Mango Board

Die Suid-Afrikaanse mango-oes word hoofsaaklik verwerk tot gedroogde mango's, atjar en sap. Dit word ook vars verkoop deur nasionale varsproduktemarkte en uitgevoer. Ander gebruike van mango's sluit in die verbruik as bevrore mango stukke en gedroogde vrugte, gesny of in vrugte rolle. Mango's word ook verwerk tot sappe, purees, blatjang, ingelegde vrugte en piekels, en word gebruik in gebak en bakkery produkte, asook in roomys en sorbets.

Ander dele van die mango boom soos mango bas, blare, blomme en wortels word gebruik in Ayurvedische medisyne. Mango blomme word byvoorbeeld in water gekook vir ekseem behandeling en mango blare word saam met swartpeper verpulp vir die behandeling van maagpyne en diarree.

Mango Produkte

©Marinda Louw

Vars mango’s - óf groen of ryp vrugte - kan met sout, lemmetjiesap of rissiepoeier in salsa's en slaaie geniet word, en word dikwels gekombineer met varkvleis, vis of hoender.

Gedroogde mango's word van ryp mango’s gemaak. Die vrugte word gewas, geskil, in repies gesny en gedroog. Geen suiker word bygevoeg nie maar swaeldioksied kan bygevoeg word as 'n preserveermiddel. Gedroogde mango rolle word met mango pulp gemaak wat dun uitgerol en gedroog word.

Vir mango atjar word stukke groen mango's met rissies, masala speserye, knoffel, mosterd saad en olie gemeng. Dit word dan gelos om te marineer voor bottelering en mango blatjang word gemaak deur mango, suiker, asyn en speserye tot 'n dik konfyt-agtige konsekwentheid te kook.

Mango meel word gemaak van die fyn gemaalde skille en pitte en kan 'n glutenvrye plaasvervanger vir 10 - 50% van koringmeel wees, wat gebruik word met bak. Mango poeier word ook amchoor genoem. Dit word van gedroogde groen mango's gemaak en word gebruik as 'n vrugtige spesery.

Mango Sap

Mango variëteite wat te veselagtig of te sag is vir vars eet kan gebruik word vir mango sap. Mango sap word gemaak met mango pulp. Die ryp vrugte word verpulp om die sap te onttrek en word dan gefiltreer om die groot stukke te verwyder. Gefiltreerde water, ander vrugtesappe van konsentrate, vitamiene en natuurlike geure kan bygevoeg word.

Asepties verpakking van mango sap is gepasteuriseerd en het 'n lang raklewe van tot 12 maande maar die hitte-sensitiewe voedingstowwe soos vitamien C en die B-vitamiene kan gedeeltelik vernietig word tydens die pasteurisasieproses.

Die Suid-Afrikaanse Vrugtesap Assosiasie beveel aan dat preserveermiddels bygevoeg word om die sap te verkoel en sodoende die raklewe tot drie maande te verleng, maar vars uitgedrukte sap (met geen toegevoegde preserveermiddels nie) moet verkieslik binne twee ure gebruik/gedrink word.

Organiese sap word gemaak van vrugte wat sonder die gebruik van plaagdoders groei en mag nie van geneties aangepaste gewasse afgelei wees nie.

Mango Pitte

©Mattes

Mango pitte, ook bekend as gutli, kan gebruik word vir 'n verskeidenheid van medisinale en kosmetiese doeleindes insluitend as 'n olie-ryk bevogtiger vir die vel en hare.

Dit is ryk aan vitamiene (veral B12), minerale soos kalium, kalsium, magnesium, yster, sink, mangaan, fosfor, en dit bevat 9 uit 10 essensiële aminosure. Die mango kern (binne die pit) bevat ook mangiferin wat gebruik word om bloedsuikervlakke te beheer.

Die pitte van jong groen mango's is die beste om te gebruik en dit kan gemaal word tot pulp of botter. Die pitte van ryp mango's is baie hard en word slegs in poeier vorm gebruik.

Meng die poeier of pulp met klapper of olyfolie, sit dit in die son vir 'n paar dae en gebruik op jou hare vir glans of om skilfers en vroeg grys word te behandel. Die verpoeierde vorm kan gemeng word met heuning vir die behandeling van diarree en daar word gesê dat dit bloedsuikervlakke verlaag.

Onryp pitte word ook gebruik in die Indiese kookkuns. Die buitenste harige dop word byvoorbeeld verwyder, die kern word gaargemaak en dan in repies gesny, gebraai en besprinkel met swart sout.

Mango's vir Voer vir Diere

Mango pitte en kerns kan gebruik word vir voer. Pitte en kerns word geweek en gedroog (tot 10% vog) om tanniene te verwyder voordat dit as veevoer gebruik word.

In 'n Nigeriese studie is meel uit gekook mango kerns van die mango saad verkry. Die saad is oopgesny en die pitte is onttrek daarna is dit vir 30 minute gekook tot die tanniene verwyder is en dan is dit songedroog voordat dit fyngemaal en in voedsel vir hoenders gemeng is. Die studie het bewys dat tot 60% van mieliemeel vervang kan word met gekookte mango kern as maaltye vir hoenders. Die toevoeging van hierdie mieliemeel het geen nadelige uitwerking op die groei en kwaliteit van die vleis van die hoenders nie. Daaglikse voedselinname en voeromsetverhoudings was aansienlik hoër met mango kern maaltye. Daarbenewens het mango kern voedsel 'n hoër vetinhoud in vergelyking met mieliemeel.

Mango Olie

Die mango kern (binne die saad) bevat 7-12% olie wat ryk is in steariensuur en olie sure. Olein (van oleïensuur) het sussende eienskappe en stearine (van steariensuur) kan kakaobotter in sjokolade vervang.

Let wel:
Inligting is slegs vir opvoedkundige en inligting doeleindes en mag nie as mediese advies gesien word nie. Die inligting is nie bedoel om mediese advies of behandeling wat aangebied word deur professionele verskaffers van gesondheidsorg te vervang nie.

Translated by Wilma Koeppen