Mango Kultivare

© National Mango Board

Vir die mango boer sal die keuse van watter mango kultivare om te plant afhang van faktore soos klimaat, tyd van rypwording (dws die laat en vroeë-seisoen mango), vruggrootte en opbrengs, boomgrootte en weerstand teen bakteriële swartvlek en ander siektes. Sommige kultivars is byvoorbeeld sensitief vir warm droë klimaat en kan geneig wees om in die son te brand. Dit sluit in die Sensation en Keitt kultivars. Meer verdraagsame kultivars is die Tommy Atkins en Kent kultivars.

Vroeë tot middel-seisoen mango's in Suid-Afrika is Tommy Atkins, Zill, Saber en Irwin. Midde-seisoen kultivars sluit in Kent, Shelley en Heidi en die laat-seisoen mango's is Sensation en Keitt.

Hoof kultivars wat in die Wes-Kaap geplant word is Kent, Joa, Sensation, Heidi en die nuwe Tropica en Keitt.

Nuwe kultivars word deur die Landbounavorsingsraad (LNR) getoets. Wanneer nuwe kultivars gevestig word is dit dikwels op 'n reeds groeiende wortelstok geënt. Sabre is die mees gebruikte wortelstok in Suid-Afrika.

Vroeë tot Middel-seisoen Mango's

Tommy Atkins is 'n vroeë kultivar met groot ovaal tot langwerpig donker rooi vrugte met groen en geel aksente en 'n dik skil. Dit het ferm veselagtige vlees en 'n ligte soet geur en het 'n goeie lang raklewe. Die kultivar is geskik vir alle produksiegebiede en verdraagsaam tot bakteriële swartvlek en antraknose.

Zill is nog 'n vroeë kultivar en het 'n klein tot medium ovaal vrug. Zill het 'n groenerige skil met 'n groen en geel aksent maar is rooi in kleur wanneer dit ryp is. Zill het goeie smaak en ferm vlees. Die vrugte is veselloos maar hou nie goed as dit gestoor word nie.

Saber is 'n tradisionele vesel mango wat klein tot medium grootte is. Dit is geel met rooi wange. Irwin is medium tot groot en 'n langwerpige-vormige mango. Dit is geel tot rooi in kleur.

Middel-seisoen Mango's

Kent is 'n medium tot groot groen mango wat groen bly selfs wanneer dit ryp is. Dit het 'n baie goeie smaak en ferm gladde vlees. Kent word dikwels gebruik vir die droging en maak van sap daarvan. Heidi is 'n medium tot groot hartvormige mango met 'n duidelike 'mango' geur.

Shelley is 'n middel-seisoen kultivar van Israel. Dit is 'n medium-grootte appel-vormige vrug met ferm vleis en 'n ligte soet smaak.

Laat-seisoen Mango's

©National Mango Board

Die mango seisoen in Suid-Afrika eindig met klein Sensation en groot Keitt vrugte. Sensation is 'n klein tot medium-grootte groen mango met 'n pers-rooi skynsel. Dit het ferm, vesellose vleis en 'n soet smaak en is 'n relatiewe ou kultivar wat geneig is tot interne vrot wording en kwaliteit kwessies.

Keitt is 'n groot mango met 'n klein pit en bly groen selfs wanneer dit ryp is. Keitt is gewild in Asiatiese kulture waar dit gebruik word as 'n groen (onryp) vrug en in piekels. Keitt is 'n groot opbrengs kultivar wat gemiddeld 30 ton / ha produseer.

Translated by Wilma Koeppen