Mango's

© US National Mango Board

Mango’s (Mangifera indica L.) is die nasionale vrug van Indië, Pakistan, en die Filippyne. Dit groei goed in subtropiese gebiede waaronder sommige gebiede in Suid-Afrika.

Die mango groei op 'n medium tot groot, ongeveer 9-35 m, immergroen boom wat behoort aan die kasjoe se Anacardiaceae familie.

Groen mango's word gebruik vir sout of olie piekel, kerrie, blatjang, atjar en ontwaterde produkte terwyl soet ryp mango's gebruik word vir die inmaak van sap, puree en om dit te droog. Die olieryke pitte kan geëet word en word in medisinale aanvullings, voer en vir olie gebruik.

Geskiedenis van Mango Produksie

Tuinboukundiges en geskiedkundiges stem saam dat die mango sy oorsprong in Indië het. In antieke literatuur en in die Indiese volksoorlewering is daar baie van die stories wat verband hou met die mango boom. 'n Gewilde storie behels 'n getroue volgeling wat vir Boeddha 'n mango boord gegee het sodat hy in die skadu van 'n mango boom kon rus.

Die groot Mogul Keiser, Akbar, wat vanaf 1556 tot 1605 geregeer het het 'n park met 100 000 mango bome gehad. Dit was enorm, selfs by moderne standaarde. Toe die Portugese hulle in Wes-Indië gevestig het het hulle ook die vrugte die 'manga genoem wat waarskynlik van die Tamil woord' manga afgelei is. Uit Indië het die vrugte weswaarts moontlik deur handelaars en Europese koloniste versprei. Die eerste kommersiële aanplantings in die Weste is deur Portugese setlaars in Brasilië in die 1700's begin.

In Suid-Afrika was die eerste mango deur Jan van Riebeeck in Kaapstad aangeplant, maar die kus klimaat het gewys dat dit ongeskik is vir die groei van mango’s. Sommige mango-aanplantings is in die warmer KwaZulu-Natal in die laat 1850's begin. Kommersiële aanplantings het in alle erns gedurende 1920 in die Ofcolaco gebied wat naby Tzaneen in die Limpopo-provinsie en Malelane in die Mpumalanga Provinsie is begin.

Die Peach en Sabre kultivars was die eerste mango’s wat in Suid-Afrika geplant is. Die Kent en Zill kultivars is in 1954 bekend gestel en het gelei tot 'n toename in produksie na 1960 in Ofcolaco, theLetsitele Valley en in die Letaba gebiede toe daar bevind is dat hierdie twee kultivars goeie opbrengste in hierdie gebiede lewer.

Voordele van Mango’s

©Westfalia Fruit

Mango's bevat hoë hoeveelhede van water - ongeveer 72-86%, koolhidrate - ongeveer 9 tot 25%, en dit is laag in proteïen op 'n skatting van 0,9 - 5,1%, terwyl vet 0,2 - 2,7% weerspieël.

Mango's bevat 'n verskeidenheid van fitochemikalieë en voedingstowwe. Dit is hoog in dieetvesel, vitamien C, provitamien A en dit bevat tot 10% van die daaglikse vereiste van vitamien B6 asook karotenoïede en polifenole

Mango polifenole werk hoofsaaklik as antioksidante wat menslike selle teen DNA skade en baie degeneratiewe siektes beskerm. Die potensiaal van die polifenole mangiferin om degeneratiewe siektes soos hartsiektes en kanker te bestry is op groot skaal getoon.

Een koppie mango is ook 'n uitstekende bron van folaat en koper die verskaffing van tot 20% en 10% onderskeidelik van 'n volwassene se daaglikse behoeftes.

Mango Allergieë

Die mango behoort aan die kasjoe se Anacardiaceae familie en is verwant aan die giftige klimopplant. Sommige mense wys allergiese reaksies tot mango's as gevolg van die ooreenkomste in die proteïen wat in mango's en stuifmeel gevind word.

Mondelinge allergiese sindroom (OAS) kom 'n paar minute na die eet van mango's voor en is 'n eenvoudige allergie wat in 'n paar minute kan oplos. Nog 'n reaksie genoem ‘kontak dermatitis’ veroorsaak 'n uitslag op die vel. Dit word veroorsaak deur urushiol wat in die skil en die vlees net onder die skil gevind word.

Mense met 'n mango allergie word aangeraai om al die rou vorms van die vrug te vermy. Gaar mango’s veroorsaak selde 'n reaksie. Ook diegene wat allergies is vir kasjoe of pistachio neute moet mango vermy as gevolg van potensiële kruis-reaktiwiteit.

Let wel:
Inligting is slegs vir opvoedkundige en inligting doeleindes en mag nie as mediese advies gesien word nie. Die inligting is nie bedoel om mediese advies of behandeling wat aangebied word deur professionele verskaffers van gesondheidsorg te vervang nie.

Translated by Wilma Koeppen