Mango Produksie

© Westfalia Fruit

Die mango is een van die mees algemene en veelsydigeste vrugte in die wêreld met 'n produksie wat in Asië, veral Indië en China gefokus is. In Suid-Afrika het die produksie van mango's in die subtropiese streke van die Limpopo-provinsie begin maar uitgebrei om produksie laat-oes in te sluit in die droë warm Clanwilliam area van die Wes-Kaap.

Mango Produksie Areas in Suid Afrika

Suid-Afrikaanse mango's word hoofsaaklik verbou in die noordoostelike dele van die land. Mango aanplantings in Limpopo word in die Soutpansberg, Noord, Sentraal-en Suid-Letaba, Hoedspruit asook die Trichardsdal en Ofcolaco streke aangetref.

Mango aanplantings in Mpumalanga word in Komatipoort en die Onderberg gebiede van Malelane gevind. Mango's word ook in die KwaZulu-Natal Provinsie gevind en sowat 100 hektaar word in die droë warm streek van Clanwilliam in die Wes-Kaap geplant. Hierdie Wes Kaapse mango's brei die Suid-Afrikaanse mango seisoen uit tot aan die einde van Mei.

Mango Seisoen in Suid-Afrika

Mango's is somervrugte en in laat November in die Limpopo-provinsie rondom Malelane begin die seisoen met die oes van die Tommy Atkins kultivar wat beskikbaar is. Die Hoedspruit area van Limpopo is die kern produksie area met die oes wat in die middel van Desember begin en eindig rondom die einde van Maart. Clanwilliam in die Wes-Kaap is die jongste produksie-area met die mango seisoen wat in die middel van Februarie begin en die seisoen wat met die laat Keitt kultivaar aan die einde van Mei afsluit.

Wêreld Mango Produksie

©US National Mango Board

Mango's word in meer as 90 lande geproduseer maar 80% van die wêreld se produksie kom uit net tien van die belangrikste produsente. Top mango produsente is Indië, China, Thailand, Pakistan, Mexiko, Indonesië, Brasilië, die Filippyne, Bangladesh en Nigerië. Indië is die top produsent van mango's met 40% se produksie gevolg deur China op 11%.

Statistieke toon dat Indië net meer as 49 000 ton mango’s in 2017/18 uitgevoer het maar mango produksie in Indië is in 12019 na raming 70% laer as gevolg van koue weerstoestande tydens die blom seisoen in Januarie.

Hoewel die VSA nie 'n top produsent is nie was hulle 'n leier in die ontwikkeling van die meeste kommersiële mango kultivars en is die grootste invoerder van mango's in die wêreld.

Statistieke van Mango Produksie

Mango's word in 4kg kartondose verpak vir die uitvoermark en word meestal verskeep. Klein hoeveelhede word egter per lugvrag na Indië uitgevoer wat 'n nuwe uitvoermark vir Suid-Afrika is.

Sowat 37% van Suid-Afrika se mango produksie word plaaslik verkoop en as vars vrugte geëet en 'n ander 16% word gebruik vir sap. Die atjar mark absorbeer 28.5% van die groen mango produk in Suid-Afrika terwyl 10% gebruik word vir droogmaak. Slegs 6% van mango produksie in Suid-Afrika is gedurende die 2018/19 seisoen uitgevoer.

In 2018/19 is uitvoer na die Midde-Ooste verantwoordelik vir 53% van die totale Suid-Afrikaanse mango uitvoere. Uitvoere na Afrika (hoofsaaklik Botswana en Ghana) is verantwoordelik vir 17% en Rusland en die Nederland elke geniet 6% van mango uitvoere vanaf Suid-Afrika.

Suid-Afrika is nie 'n groot invoerder van mango's nie. Invoere is hoofsaaklik van Mosambiek op 68% en Zimbabwe.

Translated by Wilma Koeppen