Mango's is 'n alternatiewe drag oes wat beteken dat gewasse wissel in grootte van een jaar na die volgende. Goeie boord bestuurspraktyke soos bemesting kan oes verskille verminder. Alhoewel 'n verandering van 25% tot 30% in opbrengs tussen die daaropvolgende oeste normaalweg verwag word.
Die opbrengs van mango's word gemeet in ton per hektaar (die gemiddelde van beide 'op' en 'af' jare) en hang af van die ouderdom van die boom, mango kultivar, spasiëring van bome in die boord, bestuurspraktyke (soos bevrugting) en ander faktore.
Hoë-opbrengs kultivars sluit laat-seisoen Keitt - 30 ton / ha, vroeg-seisoen Tommy Atkins, Sensation en Jua wat albei 20 ton / ha lewer en Keitt wat 15 ton / ha kan produseer.
Mango's word tot vier keer tydens die oes-seisoen met die hand gepluk. Die vrugte word geoes op die sogenaamde volwasse-groen stadium en moet nie verwar word met rypheid nie. Volwasse mango’s sal ryp word nadat hy gepluk is en 'koop’ daardeur ‘tyd' vir die hantering en verspreiding van die vrugte.
Volwassenheid kan bepaal word deur die gebruik van 'n kleurkaart vir uitvoer vrugte of byvoorbeeld deur om te kyk vir geel kleur verandering aan die onderkant van Jua en Sensation mango's. Ander faktore soos vorm, lentiselle en inkeping rondom die stam area kan ook help om die gereedheid van 'n spesifieke kultivar vir oes te bepaal. Gereelde visuele inspeksies in die boord is noodsaaklik om optimale oestyd te bepaal.
Die stamme van mango's stel 'n bytende lateks of 'melk' vry wat brand skade op die vel van die mango's kan veroorsaak. Sommige produsente gebruik spesiale roosters of gietvorms om die lateks te laat drup terwyl ander verkies om die vrugte na die oes in 'n spesiale oplossing te was om lateks brand te voorkom.
Die aanbevole tyd vir die oes van ryp vrugte is van 9:00-15:00 om die lateks vloei te verminder, maar dit is nie altyd prakties nie.
Mango's word in die boord volgens klasse 1 tot 3 gesorteer. Klas 3 vrugte word veral van die res geskei as gevolg van die skade aan die skil wat deur voëls of wind skaaf merke wat gemaak is of as dit te klein of te groot is. Hierdie vrugte word gestuur vir verwerking soos versapping (klein vrugte) of om dit te droog (groter vrugte).
Klas 1 en Klas 2 vrugte word in die pakhuis volgens grootte, vorm, skil voorkoms en skade gesorteer en dan in 2kg of 4kg kartondose verpak.
Antraknose en stam-end verrotting is die twee belangrikste na-oes siektes van mango vrugte en warm water behandeling (WWB) word gebruik vir patogene redes in uitvoer vrugte. WWB word nie in alle areas van Suid-Afrika gedoen nie omdat 'n paar gebiede minder geneig is om hierdie siektes te kry. Tydens WWB word groen volwasse vrugte vir 5 minute in water wat tot 47°C verhit is gedoop. By hierdie temperatuur word siekteveroorsakende organismes gedood sonder dat die vrugte beseer word.
Mango's is klimakterium vrugte. Dit beteken dat hulle ryp sal word na die oes. Mango’s kan geoes word wanneer hulle volwasse maar nog steeds hard is en strawwe en veeleisende pogings van vervoer en herhaalde hantering kan weerstaan aangesien dit nog steeds besig is om ryp te word. As klimakterium vrugte kan mango’s se rypwording veroorsaak en gekoördineer word deur die behandeling met etileen gas.
Rypwordings veranderinge in mango's kan geskied by temperature van ongeveer 10 tot 30°C. Kleurontwikkeling is die beste op ongeveer 16°C terwyl geur ontwikkeling optimaal is op ongeveer 27°C.
Stoor mango's teen kamertemperatuur of laat dit ryp word deur dit in 'n papiersak vir twee dae te sit. As dit afgekoel word sal dit nie ryp word nie, maar as dit ryp is kan dit in die yskas of vrieskas vir tot 6 maande gestoor word.
Groen (groen) mango's word gepluk om tot blatjang te verwerk - dit is 'n speseryagtige smaakmiddel wat met koue vleise, kerrie en bredie geëet word - dit kan gepekel word en kan dun gesny word in slaaie.
Translated by Wilma Koeppen