Hennep as Voedsel vir Diere

© Fertile Fields Ltd

Baie dele van die hennep (hemp) plant, Cannabis sativa, is geskik vir diere. Hennep sade, blare en hennep saad oliekoek kan aan diere gevoer word alhoewel baie van die plant se gebruike nog in die navorsing fase is.

Soos deur die “Plaas Wetsontwerp” (of Agricultural Improvement Act) openbaar gemaak is in 2018, definieer die Amerikaners industriële hennep wat geskik is vir gebruik deur diere wanneer dit nie meer as 0.3% van die psigo-cannabinoïde THC bevat nie. In die Europese Unie kan die THC vlak in droë plantmateriaal nie hoër as 0.2% wees vir dagga om geklassifiseer te word as 'hennep' nie - Dagga het THC vlakke van 15% - 40%.

Hierdie klassifikasie van hennep is wettig en nie fisiologiese nie omdat spesies en stamme van dagga en hennep met mekaar oorkruis kan word.

Gebruike van Hennep vir Diere

Min navorsing is al gedoen oor hennep as voedsel vir vee. Daar is egter berig dat hennep blare aan varke en ander vee gevoer word in landelike China.

ʼn Studie deur die Universiteit van Kentucky in die VSA het bevind dat die produksie van plantmateriaal in hennep, spesifiek blare, afhang van die lengte van die groeiseisoen en die datum vandat dit geplant is. Deur later te plant lei dit tot vinniger maak van sade en minder blare. Die studie dui daarop dat die waarde van hennep as veevoer vir vee lê in die voedingswaarde van hennep sade veral wanneer blaar produksie beperk is.

Hennep kan tot kuilvoer verwerk word. Die relatiewe voedingswaarde van hennep kuilvoer is soortgelyk aan lusern. Hennep blare word gebruik as absorberende beddegoed vir diere. Die afvalmateriaal - hennep saad meel - wat oorbly nadat die olie uit die saad verkry is kan in veevoer gebruik word.

Met die ontginning van olie uit hennep sade is net die oorblywende saad koek oor. Die relatief hoë ru-proteïeninhoud van die hennep saad koek kan die hennep meel 'n proteïen plaasvervanger in die dieet van troeteldiere en vee word. Hennep meel bevat proteïene, yster, magnesium en mangaan asook hoë vlakke van dieetvesel en essensiële aminosure.

Hennep sade word oor die algemeen gebruik as voëlsaad en in saad mengsels. Dit word ook gebruik as vis aas vir karp. Vir vis aas word hennep sade in water gedompel en gekook totdat hulle oopbars. Dan word 'n bietjie van die hennep saad olie bygevoeg waarna die hennep as aas gebruik word.

Hennep As Toevoeging Tot Voedsel

In Januarie 2019 is 40 state in die VSA toegelaat om die haalbaarheid van hennep as veevoer te bestudeer. Hennep sal vir vee gevoer word in die vorm van fyngedrukte hennep saad maaltye en korrels of hennep-olie word gegee as 'n aanvulling.

Selfs al het die VSA Landbou Verbeteringswet van 2018 die wetlike produksie van hennep verder uitgebrei as wat dit net tot instellings van hoër onderwys en staatsdepartemente beperk was, spreek die wet nie die gebruik van hennep as n voedsel aanvulling aan nie. Daarom word die gebruik van hennep as voedsel in diere kos nognie toegelaat nie.

In September 2019 is berig dat die VSA-gebaseerde Hennep Voer Koalisie saam met die FDA-Sentrum vir Veterinêre Medisyne werk om nuwe markte vir die gebruik van hennep as 'n toevoeging in veevoer oop te maak.

In 2008 het 'n Sweedse universiteit vergelyking getref tussen hennep saad koek (na koue onttrekking van die olie) en sojameel as 'n proteïen voer in die dieet van jong kalwers. Resultate het soortgelyke groei van die jong kalwers getoon met verbeterde rumen (vertering) aktiwiteite van die hennep saad koek.

In Kanadese toetse in 1998 was hennep ook met skape getoets om verhitte behandelde canola etes te vervang in tot 20% van die totale droë materiaal van die voer, met geen skadelike uitwerking op voerinname of voedingstof benutting nie.

ʼn Studie wat in 2012 in Pluimvee Wetenskap gepubliseer is berig dat wanneer henne 'n dieet wat bestaan ​​uit 20% hennep saad gevoer word hul eiers swaarder was en dit hoër vlakke van omega-3 vetsure bevat.

Translated by Wilma Koeppen