Die Agteruitgang van Respek en Tradisies in die Xhosakultuur

Goldie Qayiya vertel hoe haar ouers haar grootgemaak het om ‘n eerbiedige vrou te te wees en hoe dit en ander tradisies stadigaan besig is om te verdwyn.

Lesse uit Kinderdae

©Eric Miller

Eendag was ek besig om die kerk te verlaat saam met my ma toe twee ou dames wat voor ons geloop het, Ester en Wesley, omdraai om te gesels.

Hulle het aan my ma gesê, ‘Jou dogter is altyd so pragtig eerbiedig teenoor ons en vra hoe dit met ons gaan met so ‘n pragtige glimlag.’ Dit het my ma baie trots gemaak en ek het ook gelukkig gevoel. Ek het steeds groot respek vir ouer mense. Die lesse uit ‘n mens se kinderdae is diepgewortel.

Verlore Tradisies

©Eric Miller

Dinge was baie beter in daardie dae. Daar in nie meer veel respek nie en selfs die ou mense verloor hulle tradisies. Ons almal aanvaar dit as vanselfsprekend dat by voorbeeld ‘n jongmeisie wat Johannesburg toe gaan, die maniere van die Johannesburgse mense sal aanneem en amper erger as hulle word, soos sy haar bes doen om daar te probeer inpas.

Sy vergeet heeltemal van haar tradisies. Maar dit was daardie tradisies wat ons veiligheid verseker het. Toe ek ‘n kind was, kon kinders so oud as 10 kaal buite gespeel het.

Daar was geen gevaar dat hulle beseer of verkrag sou word nie. Enigiemand wat verbygeloop het sou so ‘n kind beskou het as ‘n onskuldige persoon wat hulle beskerming nodig gehad het, en sou geglimlag en verder geloop het.

Dinge was baie beter op soveel wyses. Vandag word ‘n moordenaar vir slegs twee weke toegesluit, dan kry hy borgtog. Dan moor hy weer, oor en oor. Ons ken hierdie mense in ons gemeenskap. Ja, ons is vry vandag. Maar noudat ons vry is, wat doen mense? Kinders word doodgemaak in hierdie vryheid.

Translated by Elna Van Rhyn