Die presiese oorsprong van appelkose is onseker, maar die vrugte is vermoedelik afkomstig van die noorde en weste van China, Sentraal-Asië, Japan en Korea. Sy wetenskaplike naam, Prunus armeniaca, beteken Armenian pruim wat 'n verwysing na appelkose is wat histories vir eeue in Armenië gekweek is voordat dit ongeveer 100 VC deur die Romeine na Europese lande versprei is.
Appelkose floreer in die mees gematigde klimaat. Turkye is die grootste internasionale produsent gevolg deur Uzbekistan. Groot volumes word ook in Italië, Algerië, en Iran geproduseer terwyl Suid-Afrika die grootste uitvoerder van geblikte appelkose is.
In 2003 het Suid-Afrikaanse boere van groot volumes appelkose ontslae geraak en appelkoos bome ontwortel omdat daar geglo is dat appelkose nie meer ekonomies lewensvatbaar was nie. Die situasie het sederdien verbeter, maar winsgewendheid bly bedreig as gevolg van ʼn kombinasie van stygende koste en 'n stadige groei in navraag.
Die eerste appelkoos bome het gedurende die 17de eeu in Suid-Afrika aangekom volgens die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Hierdie bome is uitsluitlik in die Wes-Kaap onder die winter reënval toestande geplant.
Die Kaapse appelkoos wat waarskynlik 'n afstammeling van 'n oorspronklike Chinese variëteit is, was die belangrikste variëteit in Suid-Afrika tot 1900. Daarna is variëteite soos Ou-Kaap, Vroeë Kaap en Latere Kaap, ook bekend as Sweetstone begin groei.
Appelkose doen goed in gematigde gebiede, maar floreer in gebiede met koue droë winters en droë warm somers. Terwyl hulle in die hele Suid-Afrika geproduseer word vind die grootste deel van die produksie in die Wes-Kaap plaas.
Soos die opnames wys wat deur die Hortgro Tree sensus gedoen is, is die Klein Karoo verantwoordelik vir meer as 75% van die oppervlakte onder produksie in 2018. Piketberg, Ceres en Worcester is die ander groot produsente van appelkose, terwyl Langkloof, Villiersdorp, Paarl, Wolseley en Tulbagh in die Suid Kaap en die Noordelike Provinsie uit kleiner plantasies bestaan.
Die ander areas wat onder kleiner as tien hektaar produksie gemeet word is in die Bo-Oranjerivier, Mpumalanga, Kaapstad, Oos-Kaap, Vrystaat en Stellenbosch.
Die Royal appelkoos kultivar is aan Suid-Afrika bekend gestel om te droog in die vroeë 1900's terwyl die Bulida kultivar in die 1930's bekend gestel is vir die inmaak daarvan. Bulida het die bedryf in 2018 oorheers en is verantwoordelik vir meer as die helfte van die oppervlakte onder produksie soos gesien in noemenswaardige statistieke met betrekking tot sagtevrugte.
Soldonne, Bebeco, Imperial en Palesteyn is geplant op meer as 200 ha elk, terwyl die area onder Supergold en Charisma meer as 100 ha elk was. Die produksie areas vir Royal, Peeka, Colorado, en Solitaire is kleiner as 100 ha vir elke kultivar gemeet.
Die Europese mark het geleidelik wegbeweeg van tradisionele geel appelkose ten gunste van appelkose met 'n meer blosende kleur wat gelei het tot 'n groeiende vraag na hierdie variëteite. 'n Aansienlike aantal nuwe variëteite is oor die afgelope paar jaar bekend gestel.
Afhangende van klimaatstoestande en die produksie-area en variëteite vind die appelkoos seisoen in Suid-Afrika plaas vanaf November tot Maart met klein volumes rondom April.
Gemiddeld 70% van die appelkose wat in Suid-Afrika groei word verwerk waarvan 16% gedroog word en 9% vars uitgevoer word. Slegs sowat 4% van die vars vrugte word aan die plaaslike mark verkoop.
In terme van appelkose uitvoer is meer as 50% van vars appelkose van Suid-Afrika in 2018 na die Midde-Ooste uitgevoer. Die Verenigde Koninkryk het 29% en Europa het 16% van hierdie vrugte ontvang. Klein volumes het ook na Rusland, die Verre Ooste, Asië, en die Indiese Oseaan-eilande gegaan.
Appelkose is hoog in vesel, vitamiene, veral vitamien A en C en minerale. Die vrugte en skil is eetbaar maar die pit word weggegooi. Appelkose kan vars of ingemaak, fyn gemaak, gedroog, gepreserveer of versap word. Hulle word ook gebruik om blatjang van te maak en vir kook doeleindes.
Translated by Wilma Koeppen