Aanplanting van Laventel

© Louise Brodie

Voortplanting

Die voortplanting van Laventel geskied deur die saad, maar dit lei soms tot probleme afhangende van die tipe saailinge. Laventel vir kommersiële produksie word die beste voortgeplant deur die aanplant van steggies uit betroubare materiaal bronne. Die lê van lae of die verdeling van die gevestigde plant word ook gedoen, maar nie op 'n groot skaal nie.

Plant Metodes

Die aanplant van laventel deur groot kommersiële produsente is meer algemeen as die aanplanting van saailinge wat reeds vanaf steggies in 'n kweekhuis geproduseer is. Dit gee die produsent meer beheer oor die plantdigtheid en eenvormigheid. Laventel plante kan met die hand of deur 'n meganiese planter geplant word.

Spasiëring

Plante moet 50 cm uitmekaar gespasieer word in rye wat 100 cm tot 120 cm uitmekaar is, afhangende van die plant variëteit of die tipe van masjinerie wat gebruik word. Dit is sowat 16 000 tot 20 000 laventel plante per hektaar. Trekker paaie moet gelos word vir bestuurspraktyke en die oes van die plante.

Planttyd

Die beste planttyd vir laventel is in herfs. In Suid-Afrika is dit aan die einde van Maart of vroeg in April, wat verseker dat die saailinge voor die winter ontwikkel en dat hulle teen lente sterk en goed gevestig is.

Saai laventel sade in saailaaie in 'n beskermde omgewing of kweekhuise gedurende Junie, en by die vroeë lente behoort die saailinge sterk genoeg te wees om in die veld uit te plant. Saailinge is gewoonlik sterk genoeg sowat agt weke na die sade geplant is. 

Saailinge kan ook geplant word in die vroeë lente. In Suid-Afrika is dit aan die einde van Augustus en begin van September na die laaste ryp.

Groeiperiode

Twaalf weke in 'n broeikas sorg vir sterk saailinge wat van steggies geproduseer is en gereed is om in die veld uit te plant. Die meeste produsente begin laventel oes in die tweede jaar in die somer. In sommige gevalle waar daar in die herfs geplant is kan die eerste somer al miskien ʼn oes lewer. 

Vanaf die tweede jaar kan 'n tweede oes voor herfs gedoen word. Die tweede jaar van die oes sal 'n hoër opbrengs lewer. Laventelplante kan vir 10 tot 12 jaar geoes word indien dit behoorlik bestuur word. Laventel plante raak houtagtig en bros as hulle ouer word, so sorg moet geneem word om die kern van die plant te beskerm en dit nie te beskadig nie.

Bevrugting

Moenie laventel oor-bemes nie. Voor aanplanting moet 'n grondmonster geneem en gestuur word vir ontleding. Dit sal die grondtipe en voedingsbehoeftes vir die beoogde oes identifiseer. 

Die volgende aanbevelings is eenvoudige gids wat kan gebruik word in die afwesigheid van grondontleding. ʼn Aanvanklike 250 kg toepassing van 3:1:5 kan opgeneem word in die boonste 20 cm van die grond voor die aanplanting van die laventel saailinge. Dit sal die nuwe saailinge 'n goeie kans gee om hulself te vestig. Gedurende die eerste 12 maande is dit belangrik dat die plante aanhou groei so 'n verdere twee toevoegings van 200 kg van 3:1:5 kan toegepas word langs die rye plante, een in November en 'n ander in Maart. Sodra die oes begin, is dit raadsaam om liggies te bemes na elke sny van die oes. Met drupbesproeiing moet vloeibare kunsmis deur middel van die water toegedien word.

Besproeiing

Die laventel plant is 'n semi-geharde plant en het nie baie water nodig nie. As dit geplant is sonder permanente besproeiing is 'n reënval van sowat 800 mm oor die jaar versprei voldoende. 

Die installering van permanente besproeiing verhoog egter opbrengste as daar geen reën op 'n gereelde tussenposes van veral die somermaande val nie. Drupbesproeiing is die beste, maar daar moet nie te veel besproei word nie, omdat dit wortelsiektes en die vermindere kwaliteit van essensiële olies veroorsaak.

Afhangende van die grondtipes en die weer sal besproeiing volumes verskil van gebied tot gebied. ʼn Goeie gemiddelde is tussen 15 en 20 mm per week gedurende die warm somermaande en die vermindering of stop van besproeiing gedurende koeler en reën maande van die jaar. Moenie die week voor oes besproei nie, maar besproei onmiddellik na oes om grond terug te bring na optimale vog vlakke om stres te verminder. Dit is raadsaam om vog monitering toerusting te installeer om die grond voortdurend te monitor.

Onkruidbeheer

Die beheer van die onkruid in die Laventel plantasie is baie belangrik. Beheer kan met die hand, met 'n meganiese eg of kweker geimplementeer word. Dit kan ook gedoen word deur gebruik te maak van óf plastiek grondbedekkers of vegetatiewe deklaagbewerking om te verhoed dat die onkruid ontkiem. Hoër plantdigtheid onder drupbesproeiing is goed vir skadu oor die grond wat die onkruid sal verminder. As die produsente hul eie olie distilleer dan kan die afval van die distillasie gebruik word as deklaagbewerking langs die rye wat geplant is.

Translated by Wilma Koeppen