Laventel Oes Bestuur

Opbrengs - Liter Olie per Hektaar per Jaar

©Louise Brodie

Konservatief
Laventel - Droë blomme: 1 ton
Lavandin  - Droë blomme: 3 ton
Laventel Olie: 8 liter
Lavandin Olie: 30 liter

Gemiddeld
Laventel - Droë blomme: 2 ton
Lavandin  - Droë blomme: 5 ton
Laventel Olie: 15 liter
Lavandin Olie: 60 liter

Goed
Laventel - Droë blomme: 4 ton+
Lavandin  - Droë blomme: 10 ton+
Laventel Olie: 20 liter+
Lavandin Olie: 150 liter+

Oes

Oes van laventel word beide met die hand en meganies gedoen, afhangende van die grootte van die operasie. Op kleiner produksie-eenhede word dit met die hand gedoen en op groter eenhede meganies. 

Droë produksie: Vir gedroogde laventel produksie kan dit gesny word sodra daar genoeg blomme is om geoes te word.

Essensiële olie produksie: Die beste essensiële olies kom van die oes en distillering van die laventelblomme net voordat hulle in volle blom gaan wanneer die olie in die plant se reuk op hul skerpste is. Volle produksie kan vanaf die tweede en derde jaar verwag word.

Stoor

Essensiële olie: Stoor gebottelde essensiële olies in 'n droë, donker en koel plek vir ongeveer 'n jaar tot 18 maande na bottelering. Dit is die beste om donker glasbottels te gebruik om ligbesoedeling van die olie te verminder. Ouer olies begin om hul doeltreffendheid en geur te verloor.

Plae en Siektes

Laventel het geen werklike peste en siektes nie omdat die sterk skerp reuk van laventel optree as 'n insekweerder. Dit is egter die beste om gewasbeskerming maatreëls, wat deur 'n voorligtingsbeampte of landboukundige voorgeskryf is, te volg. Die plaaslike chemiese handelaars het oor die algemeen die regte programme of kan inligting verskaf oor die beste adviseurs wat beskikbaar is in die nabyheid van die produksie area. Wortel vrot, wat veroorsaak word deur versuipte grond, moet teen gewaak word.

Translated by Wilma Koeppen