Laventel

© Louise Brodie

Laventel is inheems aan Wes-en Sentraal-Asië, Europa, die Middellandse See en Noord-Afrika. Hierdie gids handel oor die twee hooftipes kruie wat gebruik word in die produksie van essensiële olie vir medisinale en aromatiese geure. Naamlik die Ware laventel, Engelse laventel en die Lavandin hibriede.

Wetenskaplike Naam: Lavandula Angustifolia
Algemene Naam: Laventel, Ware laventel of Engelse laventel
Wetenskaplike Naam: Lavandula Angustifolia x Lavandula latifolia
Algemene Naam: Lavandin

Plant Beskrywing

Die laventel plant is 'n meerjarige plant wat tot ongeveer 1200 mm in hoogte groei. Dit het lang, stekelrige, grys-groen blare met effens getande rande wat omtrent 40 tot 50 mm lank is. Die plant produseer talle sytakke wat 'n bos vorm. Die blomme wat op die punte van die takke groei is in 'n silindriese vorm en blou tot ligpers gekleur. Lavandin is 'n meer produktief en produseer dus meer blomme as Engelse laventel.

Gebruike

Laventel word hoofsaaklik vir sy essensiële olies gebruik. Vir elke kilogram vars Engelse laventel wat deur die distillasie proses gesit word, word 5 tot 8 milliliter essensiële olie geproduseer. Wanneer Lavandins gedistilleer word, produseer hulle omtrent twee keer meer olie as Engelse laventel, Tog het dit 'n meer medisinale reuk omdat dit 'n hoër kamfer inhoud het.

Die essensiële olie van Engelse Laventel is 'n gunsteling van die parfuum industrie as gevolg van sy blomme geur. Laventel olie het ook medisinale gebruike, en werk as 'n antiseptiese en antibakteriese agent. Die olie gebruik in aromaterapie, asook as 'n insekweerder of geurmiddel in voedsel en drank. As dit gedroog word maak Laventel 'n geurige potpourri of pragtige blomme rangskikking.

Grondvereistes en Voorbereiding

Laventel groei in 'n wye verskeidenheid tipes grond, maar groei die beste in 'n goed gedreineerde, growwe sand tot sanderige leemgrond met 'n pH balans van tussen 6.0 tot 8. Ware laventel groei die beste in meer alkaliese grond en die Lavandin verkies weer grond met 'n laer pH wat effens suur is.

Voordat enige grondvoorbereiding gedoen word, moet grondmonsters geneem word en na 'n laboratorium gestuur word vir ontleding en voedingstofaanbevelings. Laventel het 'n relatiewe vlak wortelstelsel en sy wortels ontwikkel selde dieper as 300 mm. Grond moet tot sowat 400 mm geskoffel word om dit los te maak en om goeie dreinering te verseker. pH vlakke kan regestel word deur die byvoeging van kalk as die grond te suur is, of die toevoeging van mis of kompos.

Ploeg die boonste 300 mm grondlaag so vier tot vyf weke voor aanplanting. Voeg spoorelemente en 'n gebalanseerde voorplant kunsmis by in die laaste dae voor aanplanting deur dit in te spit in die boonste 20 cm van die grond. Dit sal ook enige onkruid wat begin groei het verwyder. Installeer besproeiing en doen deklaagbewerking voor die aanplant van saailinge.

Klimaat

Laventel is 'n immergroen plant wat in warm, droë Mediterreense klimaat groei, en die beste presteer in temperature van tussen 20°C en 28°C. Laventel kan ook gekweek word in droë klimate waar daar ten minste 500 mm reën oor die jaar voorkom, alhoewel hulle die beste presteer onder permanente drupbesproeiing. Die krui groei naby seevlak maar doen beter by hoër hoogtes, met party wat so hoog as 1500 meter bo seevlak groei. Te hoë temperature het 'n negatiewe invloed op die blom en olie gehalte.

Kultivare

©Louise Brodie

Daar is twee hoof tipes laventel wat kommersieel geproduseer word. Ware of Engelse laventel produseer kleiner blomme en lewer minder opbrengs, maar verskaf 'n beter gehalte olie. Lavandin is 'n hibried wat meer blomme en essensiële olies produseer per hektaar. Ware laventel olie is beter as Lavandin en verkoop vir hoër pryse.

Daar is baie variëteite van laventel. Die beste sal wees om 'n plaaslike voorligtingsbeampte of produksie spesialis te raadpleeg oor die beste verskeidenheid, die doel en die teikenmark vir die produksie gebied.

Gewilde Engels of Ware laventel rasse is: Hidcote en Munstead, met Jean Davis en Vera wat die gewildste is. 
Gewilde Lavandin rasse is: Abriali, Nederlands Mill, Grappenmall, Grosso, Provence, Seal en Super.

Translated by Wilma Koeppen