Die Xhosa

© Dr Peter Magubane

Die naam Xhosa is 'n algemene term wat gebruik word vir 'n verskeidenheid van edele stamme van Nguni afkoms soos die Pondo, Bomvana, Thembu en die Xhosa-stam self.

Die Xhosa-sprekende volkere of Kaapse Nguni is bewoners van die Oos-Kaap, wat van die KwaZulu-Natal grens tot by die Oos-Kaap Suurveld strek. Histories was hulle jagters, herders en bestaansboere wat in min of meer polities onafhanklik kapteinskap stamme georganiseer was, elkeen met 'n eie opperhoof. Xhosa, soos Nguni, is 'n taalkundige eerder as 'n etniese term wat die dialek wat in die valleie van die Vis, Keiskamma en Buffels riviere gepraat is beskryf.

Die eerste groep van Nguni immigrante wat in Suid-Afrika gearriveer het het bestaan ​​uit die Xhosa-stam ( wat saamgestel was uit die Gcaleka, Ngqika, Ndlambe en Dushane stamme), die Thembu en Pondo. Later het 'n tweede groep van Ngunisprekendes in Zululand aangekom maar is deur Koning Shaka uitgejaag.

Hulle was bekend as Mfengu en is binne die Xhosa nasie opgeneem.  Hierdie vroeë immigrante vorm die ruggraat van die Xhosa nasie, die tweede grootste groep mense in Suid-Afrika. Hulle is met reg 'n trotse nasie omdat hulle nog nooit slawe was nie en nog nooit deur 'n ander stam verslaan is nie.

Translated by Wilma Koeppen

Voorvaders in die Xhosa Tradisie

Die Xhosa verwys na die voorvaders as iminyanya, terwyl die Mpondo hulle die amathongo noem....more

Huwelike in die Xhosa Tradisie

Vir die Nguni huwelike was huweliksmaats tradisioneel buite die naasbestaandes se groep gesoek, wat 'n kenmerkende eienskap van die Nguni ...more

Die Ontwikkelende Xhosa Mense

Hierdie kruiskulturele kontak het ʼn diepgaande uitwerking op die Kaapse Nguni kultuur gehad wat tot 'n mate vandag steeds waarneembaar is....more

Die Xhosa Mense van Suid-Afrika

Volgens mondelinge oorlewering het die Thembu, Xhosa en Mpondomise mense vir geslagte die bolope van die Oos-Kaap Umzimvubu River bewoon voo...more

Xhosa Stamme en Hoofmanskap

Die stam naam wat gebruik word deur 'n volwasse Xhosa man of vrou is geërf van sy of haar vader en lidmaatskap van die manlike groep wat s...more

Xhosa Kulturele Gebruike

Ten spyte van die groeiende invloed van die Westerse kultuur beoefen baie Xhosa mense nog hulle tradisies en kulturele gebruike....more

Xhosa-Kultuur Deurgangsrites

Sowat 150 jaar of meer gelede het alle Suidelike -Afrika stamme en Khoi-San-mense inisiasie praktyke van die jeug waargeneem om die seuns en...more