Huwelike in die Xhosa Tradisie

© Dr Peter Magubane

Nguni Huwelik Reëls

Vir die Nguni huwelike was huweliksmaats  tradisioneel buite die naasbestaandes se groep gesoek, wat 'n kenmerkende eienskap van die Nguni in die algemeen was. Elke Nguni kind is gebore in 'n patrilineêre stam en huwelike tussen lede binne die stam is 'n gruwelike misdaad en streng verbied. Onder die Xhosa wat veral kieskeurige in hierdie verband was, was huwelike met die families van al vier grootouers vermy. 'n Vrou het saam met haar man en sy mense gaan woon.

Huwelik was ook poliginies, en hoofmanne en ryk mans met groot troppe vee het met meer as een vrou getrou en in sommige gevalle soveel as vier of meer vroue. Hulle is gewoonlik volgens rang en volgens die verskillende huise onderskei. Die hoof skeiding was tussen die Hoof Huis en die Regterhand- se- Huis.

Die Hoof Vrou

Die Hoof Vrou was verantwoordelik vir die geboorte van die seun en erfgenaam, die Hoof Seun, wat sy pa se posisie geërf het na sy dood as hoofman of huishoudelike hoof na gelang van die posisie wat sy pa tydens sy dood beklee het. Die Hoof Vrou van 'n hoofman was gewoonlik 'n vrou van rang bv. die dogter van 'n hoof van 'n naburige kapteinskap (a Khoisan of Thembu prinses).

ʼn Hoofman se  Regterhandse Seun, die eersgeborene seun van die Regterhandse vrou, was ook 'n hoofman met sy eie kuddes, afhanklikes en volgelinge. Hy was egter verantwoordelik vir die stigting van sy eie hoofmanskap of huishouding deur nuwe of voorheen onafgehandelde grondgebiede te koloniseer. Bykomende vroue is bygevoeg as ondersteuners (amaqadi) van die twee belangrikste huise en is volgens rang onderskei. 

Een belangrike gevolg van die hoofman  se troue met die Hoof Vrou op ʼn latere stadium, nadat hy klaar met ander vroue getrou het, was dat die Hoof Seun en erfgenaam  jonger was as die ouer en meer ervare Regterhand-se-Seun. Dit was 'n bron van spanning en wrywing tussen die twee half- broers.

Die daaropvolgende wedywering tussen die Regterhand-se-Seun en die Hoof Seun kan lei tot die voormalige se oorname van kapteinskap van die laasgenoemde, soos in die geval van Tshawe en Cirha vroeër genoem. Alternatief  kan dit lei tot die verdeling en segmentering binne die kapteinskap self, soos die debakel tussen Rharhabe en Gcaleka.

Wanneer 'n man monogaam was, wat nie ongewoon onder gewone mense was nie, was sy eerste vrou outomaties die Hoof vrou en haar eersgebore seun die Hoof Seun en erfgenaam. ʼn Poligamis se vroue het elkeen hul eie wonings en ekonomiese hulpbronne soos beeste en graan gehad om hulle onderskeie huishoudings in stand te hou. ʼn Hoofman se Regterhandse vrou het gewoonlik haar eie opstal wat 'n afstand van die Groot Paleis  besit.

Huweliks Onderhandelinge

©Dr Peter Magubane

Die oordrag van beeste (ikazi) van die bruidegom se groep na die bruid se familie het beide gedien om die huwelik te seël en die pa van die bruid te vergoed vir die verlies van sy dogter as werker in sy huishouding. Huweliks onderhandelinge tussen die twee partye kan moeilik en uitgerek wees, veral wanneer dit kom by die besluit oor die aantal beeste wat oorgedra moes word.

Die oordrag van beeste het ook gedien as 'n vorm van versekering: as die  bruid in haar nuwe huis mishandel word, kan sy terugkeer na haar ouers se huis, en haar man se familie groep sou die beeste verbeur. ʼn Man wat beeste ontvang het in ruil vir 'n hubare dogter kon die beeste gebruik om 'n bykomende vrou vir homself te kry of hy kon hulle gebruik om 'n vrou te kry vir ʼn seun of ander familie lid van hom.

So was die uitruil van beeste in die huwelik 'n vorm van sirkulerende bruidskat, met vroue wat in die teenoorgestelde rigting as die beeste beweeg. Die sendelinge, wat verkeerdelik geglo het dat Lobola die aankoop van die bruid is, het die pratkyk op morele gronde veroordeel.

Hoewel huwelike deesdae meer algemeen in ʼn kerk of die landdroshof plaasvind, het lobola nie heeltemal verdwyn nie, maar daar word ʼn kontantekwivalent vir die beeste betaal volgens die markwaarde van die vee.

Tradisionele huwelike was nie net 'n manier vir die formalisering van 'n verhouding tussen lede van die teenoorgestelde geslag vir die doeleindes om kinders te baar nie. Nog belangriker was dit 'n middel om alliansies tussen onverwante groepe te vestig, wat die rede was waarom huwelike tussen lede van dieselfde stam verbode was.

Die Bruid se Nuwe Normaal

Na die huwelik was die bruid effektief 'n vreemdeling in haar nuwe huis. Sy moes respek (intlonipho)bewys aan haar skoonouers en alle senior lede van die huishouding; Sy kon nie die huise direk nader deur oor die binnehof te loop nie, maar moes hulle van agter nader; Sy is ook nie toegelaat om by die beeskraal in te gaan nie. 

ʼn Getroude vrou se posisie binne die opstal het geleidelik verbeter soos sy kinders gekry en hulle grootgeword het. Vroue wat menstrueer is beskou as 'n besoedelde invloed en was daarom nie in die beeskraal toegelaat nie. Sodra hulle verby die menopouse stadium was, is 'n vrou se status byna op 'n gelyke voet met dié van die mans. Sy is toegelaat om formele bier drinkery by te woon en om 'n lang -steel pyp te rook.

Translated by Wilma Koeppen