Die stam naam wat gebruik word deur 'n volwasse Xhosa man of vrou is geërf van sy of haar vader en lidmaatskap van die manlike groep wat saamgeval het met die affiliasie aan 'n bepaalde stam.
Die stam was deel van 'n veel groter groep as die afstammelinge van die man se groepies, wat hoofsaaklik net plaaslike belangrik was. Die verskillende lede van een stam het dikwels in verskillende gebiede gewoon en was volgelinge van verskillende stam leiers sowel as kapteins.
Stam leiers met baie volgelinge in 'n bepaalde kapteinskap verteenwoordig hul volgelinge op die kapteinskaps raad en het deelgeneem in alle besluite rakende die hoofstam. Stam lede was afstammelinge van 'n vermeende gemeenskaplike oupagrootjie, hoewel dit nie bewys kon word nie. Hulle mag nie ondertrou het nie en 'n vrou het haar stam naam selfs na die huwelik behou.
Die stam naam het nog steeds tot vandag toe betekenis as 'n indeks van sosiale identiteit. Wanneer vreemdelinge ontmoet stel hulle hulself dikwels bekend deur die noem van hulle onderskeie stam name. Op hierdie wyse is wedersydse sosiale verbindings geïdentifiseer en gevestig.
Die huise van die Xhosa in 'n bepaalde gebied het geval onder die jurisdiksie en gesag van die plaaslike hoofman in wie se gebied hulle geleë was. Die Hoof Huis van die hoofman is saamgestel uit die sosiale, administratiewe, regterlike en militêre sentrum van die stam. Hoewel die uitvoerende gesag van die stam uiteindelik rus met die hoofman se raadslede eerder as met die hoofman self, was die hoofman nogtans die nominale heerser, die vader en draer van die manlike familie naam van die hoofmanskap.
Hy belê jag, oes, oorlogvoering en besnydenis vergaderings sowel as alle koöperatiewe gemeenskaplike aktiwiteite met betrekking tot die gebruik van skerp metaal instrumente soos spiese en sekels. Hierdie implemente is almal ten nouste verband met die bos of woud en die geeste, sowel as verwante begrippe van rituele reiniging en onthouding (ukuzila) van vleis, suurmelk, drank, tabak en seksuele omgang.
Hierdie gemeenskaplike aktiwiteite sluit dus spesiale offer rituele en / of dokter met medisyne in. Die waarsêers en kruiedokters was historiese agente van die hoofman, wat rituele uitgevoer het wat reën in droogtetye, die dokter van die krygers voor gevegte, die dokter van die landerye om 'n goeie oes te verseker, om hekse uit te ruik en die behandeling van siektes en teenspoed in mens en dier ingesluit het.
Die hoofman se volgelinge was die bron van weerbare manne wat as vegters in die weermag gedien het en die verdediging van die kapteinskap teen mededingende naburige hoofmanne of buitelandse invalle waargeneem het.
Ledegeld vir die dood en boetes vir moord of toordery was in beeste betaalbaar aan die hoof. Al die luiperd pelse en die helfte van die ivoor wat in die jag bymekaar gemaak is behoort aan die hoofman, wat die enigste persoon was wat geregtig was om 'n luiperd velkleed (umnweba) en 'n ivoor armband (umxhaka) te dra. In 1831 het Grahamstad £ 50,000 van goedere wat jaarliks by die Xhosa gekoop was uitgevoer,waarvan £ 27.000 opgemaak was van huide en £ 3000 van ivoor .
Die Xhosa het nie net gereelde handelsgoedere soos komberse, krale en metaal in ruil verkry nie, maar ook perde en gewere. Die volgelinge van die hoofman dra vee by tot die bruidskat (lobola) van die hoofman se hoofvrou. Hulle het ook die jaarlikse militêre optogte by die Groot Huis, wanneer die mans in die weermag deur die oorlog-dokter (itola) gedokter is, bygewoon. Die seremonie van die eerste vrugte (ulibo) is dieselfde tyd gehou wanneer die hoofman die gewasse ritueel geproe het voordat hulle in die veld geoes was.
Alhoewel Xhosa-kapteins aan die koninklike amaTshawe huis behoort het het dit nie noodwendig beteken dat hulle polities aanlyn was met al die kwessies al die tyd nie. Politieke ordes kan verander het na gelang van die probleme wat op die spel was.
Tydens die epidemie van beeste met long siekte en die vee doodmaak episode wat dit in 1856-7 gevolg het, het 'n paar Xhosa-hoofmanne die opperhoof Sarhili se oproep ondersteun, wat gebaseer was op die duisendjarige profesieë van Mhlakaza en Nongqawuse, om al die vee en graan te vernietig maar ander het geweier om dit te doen. Volgelinge wat ontevrede was met 'n ongewilde hoofman kon hulle trou sweer aan ʼn meer gewilde hoofman.
Net so kan'n aristokraat met voldoende politieke en militêre ondersteuning die kapteinskap van 'n half-broer afneem of hy kan wegbeweeg, nuwe grondgebiede koloniseer, en 'n nuwe stam van sy eie skep. Volgens Xhosa mondelinge tradisie het Tshawe die kapteinskap van sy halfbroer Cirha afgeneem. As gevolg van hierdie aksie is Tshawe, die minoriteit stam van Nkosiyamntu, sedertdien die regerende stam onder die Xhosa.
Later tydens die 18de eeu het Hoofman Phalo se Regterhandse Seun Rharhabe die Keirivier oorgesteek met sy volgelinge na 'n militêre botsing met sy jonger halfbroer Gcaleka, wat die erfgenaam van die hoofmanskap was. Rharhabe het sy nuwe stam in die Amabele Heuwels gevestig, en die Ciskeise Xhosa het as amaRharhabe bekend geword, 'n manlike familie naam wat nog relevansie tot vandag toe het.
Translated by Wilma Koeppen