Die Xhosa geeste is tipies die oorlede senior mans van die manlike bloedlyn. Die Xhosa verwys na die voorvaders as iminyanya, terwyl die Mpondo hulle die amathongo noem. Die voorvaders is mans wat tydens hul lewens invloed gehad het, stam leiers en hoofmanne van die verre verlede met baie afstammelinge, en posisies in die familie struktuur besit het.
Die stamvader kultus is in wese die kultus van die huislike eenheid, die uitgebreide familie. Soos die lewende band tussen die lede van die huishouding en die voorvaders van die manlike bloedlyn groep, tree die huishouding se hoof (manlik) persoonlik op op rituele geleenthede of deur gebruik te maak van 'n gevolmagtigde.
Die oorlede hoofman word deur sy seuns opgeneem as 'n voorvader van die huishouding, 'n proses wat gewoonlik twee offerhandes behels. In die eerste (umkhapo), is 'n wit bok sonder gebreke geslag om die gees van die oorledene te vergesel (ukukhapa) na die donkerte. In die tweede (umbuyiso), word 'n os geslag om die gees terug te bring (ukubuyisa) as 'n voorvader om toesig oor die opstal te hou. Histories is leiers begrawe op 'n rivier bank of in die bos en hoofmanne is begrawe in die beeskraal naby die hek se ingaan.
Alle ou mense wat sterf, vroue nie minder as mans nie, word voorvadergeeste en kan die lewens van hul afstammelinge beïnvloed deur met hulle te kommunikeer deur drome en voorbodes. ʼn Vrou kan 'n voorvaderlike gees wees vir haar kinders haar seun se kinders en haar broer se kinders. Alhoewel die voorouers van die manlike bloedlyn waarin sy gebore is haar steeds na die huwelik beïnvloed, word sy ook beïnvloed deur die voorvaders van haar man.
Dit word simbolies verwoord tydens die tradisionele troue (umdudo) wanneer die bruid 'n spies, ( wat aan die bruidegom se vader behoort), in die hek van die ingang van sy kraal gooi (ukuhlalsa Umkhonto). Wanneer 'n vrou siek is of geroep word om 'n geneser te word, is die hoofman van die huishouding waar sy gebore is of sy gevolmagtigde verplig om die nodige offerhande namens haar uit te voer.
Heeltemal apart van siektes en teenspoed word tradisionele rituele (amasiko) uitgevoer tydens feitlik elke stadium van die lewensiklus van geboorte deur puberteit, huwelike en menopouse tot die dood. Die Kaapse Nguni gebruik 'n hele verskeidenheid van metafore in verwysing na die geeste en die geestelike wêreld.
Waarskynlik een van die oudste van hierdie metafore wat gebruik word vir die voorvaders is wind (uMoya), 'n term wat deur die sendelinge vir die Heilige Gees aangeneem is en sedertdien gebruik word in Xhosa vertalings van die Bybel.
Tradisionele rituele word nog steeds vandag wyd uitgevoer in beide die landelike gebiede sowel as in die dorpe en stede van Suid Afrika, hoewel dit in 'n heelwat veranderde en verswakte vorm is.
Translated by Wilma Koeppen