Historiese bewyse dui daarop dat daar so vroeg as 1593 Xhosa-sprekende mense so ver suid as die rivier Mthatha in die gebied vandag bekend as die Oos-Kaap was, en dat hulle waarskynlik al reeds 'n geruime tyd en langer in die streek voorgekom het. Volgens mondelinge oorlewering het die Thembu, Xhosa en Mpondomise mense vir geslagte die bolope van die Oos-Kaap Umzimvubu River bewoon voor hulle af na die kus gekom het.
Al hierdie dinge dui daarop dat wetenskaplike bespiegelinge oor die migrasie in die verre verlede van Xhosa-sprekende mense van Oos-Afrika ongegrond is, indien nie verkeerd of iets eerder meer sinister nie. Argeologiese navorsing onder andere sal ongetwyfeld in die toekoms meer lig werp op sulke vrae.
Opgrawings wat byvoorbeeld onlangs op die plaas Canasta naby hedendaagse Oos-Londen onderneem is dui daarop dat Xhosa-sprekende mense sedert die 7de eeu nC min of meer deurgans naby die Buffelsrivier gebly het.
Gedurende die 19de eeu het Hlubi, Zizi, Tolo en Bhele mense in die streek wat later Transkei (nou deel van die Oos-Kaap) genoem sou word migreer. Hierdie mense, wat bekend gestaan het as die Mfengu, was afhanklikes van die Xhosa-opperhoof Hintsa. In 1835 is hulle deur die sendelinge en die Britse koloniale owerhede herken as vlugtelinge van die Mfecane dws. die Zoeloe koning Shaka se oorlog van die laat 1820's. Hulle was onder koloniale beskerming ingeneem hoofsaaklik om meer arbeiders te hê.
Die Mfengu mense van die Transkei was militêre medewerkers wat saam met die wit setlaars teen die Xhosa in die Grensoorloë van 1846-7, 1850-3 en 1877-8 geveg het. As 'n gevolg van hul pogings met die verdediging van die Kaapkolonie, het die Mfengu toekennings van grond wat voorheen aan die Xhosa behoort het verkry van die wit koloniale.
In die groeiende konfrontasie op die grens en die opeenvolgende botsings met die Britse en koloniale troepe, het die Xhosa-hoofmanne, onder hulle Sandile en Maqoma, na vore gekom as patriotte wat geveg het om hul onafhanklikheid, landerye en volgelinge te behou. Maqoma, 'n begaafde strateeg en geharde guerrilla vegter, het in 1873 as ʼn gevangene op Robbeneiland gesterf.
Sandile is dodelik gewond in 'n skermutseling met Mfengu dienspligtiges in die Isidenge Woud in Mei 1878. Met hulle dood het die laaste oorblyfsels van Xhosa militêre magte se weerstand teen koloniale heerskappy verkrummel. In die vroeë 1880's was die Mpondo die laaste van die Kaapse Nguni-kapteinskappe wat onder koloniale heerskappy gebring is.
Translated by Wilma Koeppen