Die Ontwikkelende Xhosa Mense

Ntsikana profesieë

©Roger de la Harpe

Die Xhosa op die Oos-Kaapse grens was die eerste Kaapse Nguni stam wat in die laat 18 de eeu op 'n toenemende skaal blootgestel is aan Europese ontdekkingsreisigers, jagters, handelaars, sendelinge, soldate en koloniale administrateurs.

Hierdie kruiskulturele kontak het ʼn diepgaande uitwerking op die Kaapse Nguni kultuur gehad wat tot 'n mate vandag steeds waarneembaar is. Ntsikana, 'n bekende Xhosa profeet wat in 1821 oorlede is, was 'n bekeerling van die eerwaarde Joseph Williams van die Londense Sendinggenootskap.

Hoewel hy 'n ongeletterde man was het Ntsikana  liedere gekomponeer wat steeds gesing word deur hedendaagse Christelike gemeentes. Daarbenewens het hy fassinerende profesieë geuiter wat waarsku teen die toenemende belangrikheid van knope sonder gate (Geld) en voorspelling gemaak van slange wat vuur winde opbreek (Treine) wat oor die platteland sou beweeg.

Bekering tot die Christendom het tot gevolg gehad dat daar 'n groot skeiding in die Kaapse Nguni samelewing gekom het wat tot die einde van die 1950's geduur het, nl. tussen die sogenaamde  Skool -Mense en die Rooi tradisionaliste. Die voormalige, wat Christendom en die Westerse onderwys omhels het, was in wese die produk van die sendingstasies en skole.

Die Kaapse Nguni Kultuur

©Dr Peter Magubane

Die Kaapse Nguni mense is grootliks beïnvloed deur Europa veral die Engelssprekende kultuur, soos oorgedra aan hulle in woord en daad deur die Europese sendelinge. Die Skool -Mense het 'n kenmerkende styl van klere begin dra en ontwikkelde kulturele tradisies nagevolg wat op die kerk en skool gesentreer was.

Tradisionaliste is beskryf as die Rooi –mense as gevolg van hul praktyk om rooi klei op hul gesigte en liggame te smeer. Die tradisionaliste het beide die kerk en Westerse onderrig as buitelandse bekendstellings verwerp en voortgegaan om oer-oue rituele wat rondom die geeste van die voorvaders gesentreer is uit te voer.

Xhosa-sprekers is vandag hoofsaaklik Christene. Selfs hoofmanne en tradisionele genesers (waarsêers en kruiedokters) is nominaal indien hulle nie Christenskap beoefen nie. Tog is die Christendom van die Xhosa al hoe meer een wat verskeie vorme van aanpasbaarheid, met die voorvaders en die tradisionele rituele wat hulle herdenk.

Ironies genoeg is die ornamente wat  die tradisionele drag by uitstek simboliseer, veral in die 20ste eeu, die produk van inheemse hoofsaaklik vroulike handwerk wat ontwikkel het rondom die bekendstelling van gekleurde glas krale, items van handel dryf vanaf Europa, wat vrylik beskikbaar was in die middel van die 19de eeu.

Translated by Wilma Koeppen