Ten spyte van die groeiende invloed van die Westerse kultuur beoefen baie Xhosa mense nog hulle tradisies en kulturele gebruike. Die Xhosa was oorspronklik veewagters wat tradisioneel baie hardwerkende en sterk mense is. Baie families het voorvaderlike huise in gebiede soos die Oos-Kaap van Suid-Afrika, maar werk in meer ontwikkelde stede soos Kaapstad en Johannesburg.
Die Xhosa mense het 'n verskeidenheid van kulturele gebruike wat hulle navolg; sommige tradisionele praktyke sluit in die inisiasie van mans op ʼn sekere ouderdom wat behels dat hulle na inisiasie skole toe gaan ('die berg'), waar hulle heilige leringe van ouer mans ontvang en volwasse mans word. Nog 'n praktyk is lobola, wat die betaling is wat deur 'n man gemaak word wat 'n vrou soek om mee te trou.
Hy moet die vrou se pa en familie betaling gee in die vorm van vee of ander items vir haar hand in die huwelik. Die huwelik self behels ook rituele en seremonies wat baie Xhosa mense steeds navolg. Sterftes en begrafnis verrigtinge word ook in 'n baie tradisionele wyse gedoen.
Meer gemoderniseer Xhosa mense is geneig om minder streng op sekere gewoontes te wees, terwyl die ouer menses gewoonlik vasbeslote is om die behoud van tradisies en gebruike deurlopende in die familie te onderhou.
Histories was die opstalle (imizi) van die Xhosa geneig om oor die landelike landskap verstrooi te wees en is op berg en heuwel rande geleë om dreinering en militêre verdediging te bewerkstellig. Wonings het bestaan uit 'n ronde raamwerk van pale en boompies wat gebuig en gebind is in die vorm van 'n byekorf met grasdakke wat bestaan het uit gras wat van bo tot onder gevleg is.
Om voldoende isolasie te verseker is die binnekant van die grasdak gepleister met 'n mengsel van modder en mis vanaf grondvlak tot sowat skouerhoogte. Die vloer van die woning is ook gepleister met 'n mengsel van modder en mis. ʼn Lae, ronde depressie in die middel van die vloer het gedien as 'n vuurherd. Hierdie tipe woning (ungquphantsi) het 'n lae drumpel gehad en 'n persoon moes buk om binne te gaan.
Gedurende die vroeë 1820's was hierdie struktuur vervang deur 'n meer duursame en blywende styl wat bestaan het uit 'n ronde wattel en klei muur (met insluiting van metodes van konstruksie wat deur sendelinge soos Dc JT van der Kemp ingestel is), wat 'n keëlvormige grasdak ondersteun het.
Die wonings van ʼn huishouding is gewoonlik in 'n semi-sirkel gegroepeer wat uitkyk op ʼn groot ronde bossies kraal waar die beeste aangehou word, met een of meer kleiner krale geleë op die kante vir die aanhou van bokke. Een of meer bottel-vormige putte vir die berging van mielies is gewoonlik geleë onder die vloer van die beeskraal. Hierdie graanputte is goed gepleister en verseël met groot klippe om water syfering en die gevolglike bederf van mielies deur fermentasie en verrotting te voorkom.
Op die beste van tye het die mielies wat in hierdie putte gestoor was 'n muwwe reuk en 'n suur smaak gehad, maar dit is geduld en selfs geniet veral gedurende die seisoene wanneer daar 'n tekort aan mielies was.
Ook buite, agter of langs die huise is kook gebiede, 'n aardse oond vir die bak van mielie brood (isonka) asook een of meer dromme gemaak van die vlegwerk van jong boompies vir die berging van mieliestronke.
Die gebied tussen die ingang van die hoofhuis en die poort van die kraal wat gevee is is bekend as die binnehof (inkunda). Dit was waar hofsake by die Groot Huis van 'n hoofman of opperhoof aangehoor is.
Huise was ekonomies selfonderhoudend entiteite met krale van vee en grond vir verbouing en jag. ʼn Huishouding het uit 'n aantal huise bestaan waarin 'n man, sy getroude seuns en hulle vrouens en kinders gewoon het.
ʼn Welgestelde man of hoofman met groot veetroppe mag kliënte en hulle families wat nie bande met die familie het nie ook in sy opstal gehuisves het. Sulke kliënte verskaf persoonlike diens (ukubusa) aan die hoofman, deur sy vee op te pas in ruil vir die vruggebruik in melk en die nageslag van die vee wat die basis van hul eie kuddes vorm.
Reëls van erfenis word net binne die onmiddellike familie bedryf met die eersgeborene seun van die Hoof Vrou wat sy pa se vee erf. Waar poligamie beoefen word sal al die eersgebore seuns van 'n man se vroue 'n deel van sy vee erf, waaruit hulle hul eie kuddes sou opbou.
Histories was land toegeken deur die politieke owerhede - dit wil sê die hoofman en raadslede en nie op grond van hulle herkoms nie. Selfs in gevalle van wyer samewerking tussen huishoudings byvoorbeeld die ad hoc werk partye wat georganiseer was om te help met die plant, skoffel en oes, is herkoms minder belangrik as geografiese nabyheid.
Die groep wat uit die familie van die manlike naamlyn bestaan en hulle kinders bly in spesifieke areas. Aangesien hierdie mense die afstammelinge van 'n gemeenskaplike oupagrootjie is, is hulle baie bewus van die groep waaraan hulle behoort.
Die groep kan wissel van 2 of 3 tot ongeveer 20 huishoudings met hoofmanne. Land en voorraad is nie saam besit deur lede van die groep nie maar is eerder besit deur die individuele huishoudings binne die groep. Hierdie groepe het twee belangrike maar beperkte funksies: eerstens om geskille tussen lede van die groep uit te klaar en tweedens om die vergadering van die stamvader kultus grondwetlik te maak.
Translated by Wilma Koeppen