Wilde Mispel: Vitamien C-ryke Vrugte

© JMK
Die wilde mispel (Vangueria infausta) is ook bekend as ‘evil medlar’, Mmilo, muzwilu, mavelo, umviyo, mpfilwa, umtulwa, mothwanye, umvile en amantulwane.
Wilde mispel is 'n veel-stammige vrugteboom tussen 3 en 7 m hoog met fluweelagtige groen blare en word aangetref op rotsagtige rante, heuwels, grasvelde en op sandduine naby die kus in die Oos-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng, Limpopo, Noordwes en Noord-Kaap asook ander lande in Suider-Afrika.

Plaaslike stamme glo hierdie inheemse vrugteboom het bo-natuurlike kragte wat veroorsaak dat beeste net bulkalwers kry. Dit word glo nie eens vir vure gebruik nie. Daar is egter niks ‘boos' omtrent die vrugte nie - dit is baie gewild, smaak soos appel en is hoog in vitamien C. Wild mispelvrugte begin groen, maar word ryp tot 'n dowwe oranje-pers kleur. Die vrugte seisoen duur van Januarie tot April.
Vrugte kan geoes word vanaf laat Oktober tot vroeg in November wanneer die vrugte nog groen is. Andersins kan vrugte op die boom gelaat word tot in die herfs (as daar geen gevaar van ryp is nie) om ryp te word en om geur te ontwikkel . Vrugte is rond en blink en ongeveer 3,5 cm in deursnee. Dit het 'n droë melerige vleis met 'n soet-suur smaak en bevat hoë vlakke van kalsium (Ca) en kalium (K).
Wilde mispel word gebruik as 'n vrugtepulp in nageregte en om wyn te maak. Die gedroogde vrugte kan gestoor word vir tye van voedselskaarste. In Botswana word wilde mispel vrugte verwerk tot 'n sap wat hoog in vitamien C is.

Wilde mispelwortels is tradisioneel gebruik vir die behandeling van malaria en longontsteking. Daarbenewens is 'n konkonsie van die wortels en blare gemaak vir die behandel van omlope, menstruele- en blaasprobleme asook tandpyn. 'n Afkooksel van die gekapte blare en stingels help om geswelde ledemate in kinders te behandel.

Wilde mispel groei stadig, maar is goed aangepas by woestyn- en semi-woestyn gebiede in temperature wat wissel van 17 - 28 ℃. Dit is nie maklik om te van saad te kweek nie en word gewoonlik n November gesaai, maar ontkiem beter as dit in Junie gesaai word. Die sade moet geweek word voor dit geplant kan word. Die beste manier om wilde mispel te kweek, is om steggies te plant.

Mediese Vrywaring

Inligting is slegs vir opvoedkundige en inligtingdoeleindes en mag nie as mediese advies geïnterpreteer word nie. Die inligting is nie bedoel om mediese advies of behandeling te vervang wat deur gesondheidswerkers aangebied word nie.

Translated by Hazel Oliver