Vyeboerdery

© Alex Proimos

Vye is goed aangepas in droë gebiede met hoë temperature en 'n lae beskikbaarheid van water. Dit word tradisioneel in marginale grond gekweek. Deesdae word vyeboom boerdery toenemend onder besproeiing beoefen met verskillende landbou-tegnieke om opbrengs, kwaliteit en langer raklewe te verhoog.

Vyebome word ook suksesvol in oop boorde onder skadunet, in kweekhuise en in hidroponiese stelsels gegroei. Trouens het 'n studie in Japan bevind dat vyebome in 'n hidroponiese stelsel twee oeste per jaar kan produseer, met 'n spesiale snoei proses. Mexikaanse studies het getoon dat intensiewe produksie van vyebome in broeikaste en hidroponiese stelsels tot 20 keer meer vrugte kan produseer as in oop-landery kwekerye.

Vye Boerdery in Suid-Afrika

©Weltevrede Fig Farm

Vye verkies 'n Mediterreense klimaat - warm, droë somers en gematigde winters. Warm, droë weer tydens oestyd in die somer is noodsaaklik omdat vog krake in rypwordende vye kan veroorsaak.

Vyebome word in boorde waar die bome netjies in 'n suid-noord rigting opgelyn is geplant om die egalige rypwording van vrugte aan beide kante van die boom toe te laat. Vye kan in sanderige grond geplant word, maar ryker grond mag groter vrugte oplewer. Dit kan 'n wye verskeidenheid van grondtipes duld maar verkies 'n pH balans van 6 - 6,5.

Vyebome het vlak verspreide wortelstelsels wat sensitief is vir onkruidkompetisie. In terme van peste is vye relatief sensitief vir nematodes en-stamboorders. Bome kan stikstof benodig, afhangende van grondontledings. Drupbesproeiing word gebruik; gereelde ligte besproeiing word verkies bo weeklikse water.

Vyebome word tydens die Suid-Afrikaanse winter maande van Junie tot September gesnoei om die bome "oop" te hou vir sonlig penetrasie en om die vrugte makliker te pluk. Die snoei van kultivars, bv 'White Genoa’, die draers van vroeë vye, of 'breba' vye moet aangepas word. Breba vye ontwikkel omtrent 'n maand voor die hoof oes op lote van die vorige jaar, terwyl die tweede of hoof oes van vye ontwikkel op lote wat in die huidige seisoen groei.

Die Oes van Vye

©Weltevrede Fig Farm

Vye word vinnig ryp en bome word daagliks geoes, gewoonlik oor 'n tydperk van 'n paar maande. Afhangende van die verskeidenheid en omgewing, begin die oes van vye vanaf November/Desember en kan dit tot April/Mei duur. Vye word baie vroeg in die oggend gepluk om die middag hitte te vermy, aangesien dit skade van die vye kan veroorsaak. Die vye word van die vyeboom stingels gepluk en die stingels bly op die boom.

Optimale oes geskied 'n paar dae voor optimale rypwording as die vye ongeveer 70% ryp is. Die vroeë pluk van vye voorkom voëlskade in die boord. Die vyeboom is 'n klimakterium vrug en sal ryp word terwyl dit vervoer word na die eindverbruiker.

Die oes van vye is arbeidsintensief; vye kneus maklik en moet met sorg hanteer word. Die vyeboom gee 'n wit latex of 'melk' af wat vel blase kan veroorsaak, so plukkers dra handskoene, rol hul moue af of sit soms serpe aan om te verhoed dat hul vel aan die suur 'melk' blootgestel word.

Na die oes word vye verskuif na koelkamers, gesorteer volgens die grootte en gehalte en dan verpak. Uitvoer gehalte vye kan in plastiek palette van 160 gram verpak word, of in bakkies vir die klein Ronde de Bordeaux vye. Groter vye word ook in papier skinkborde binne plat bokse uitgevoer.

As vye nie geskik is vir die vars mark nie, bv as hulle gebars of te ryp is, word hulle gestuur vir verwerking tot konfyt, blatjang of vir uitdroging.

Translated by Wilma Koeppen