Vye Produksie

© Weltevrede Fig Farm

Die vy is 'n gewilde vrug om vars te eet, as 'n gedroogde vrug of vir die gebruik in konfyt, blatjang en nageregte. Dit groei en word geplant in meer as 50 lande wêreldwyd, en vaar goed in die warm en droog maar tog gematigde gebiede van Suid-Afrika.

Onlangs het donker-gekleurde vye in gewildheid toegeneem. Die verkoelings tegnologie help met die verbetering van die raklewe van vars vye en die uitvoer van Suid-Afrikaanse vye met lugvrag het bygedra tot 'n voortgesette uitvoer produk tydens die maande van November / Desember tot April / Mei. 'n Nismark vir baba vye van Suid-Afrika van die Evita (Great Parisian) tipe groei vinnig.

Die Geskiedenis van Vye

Vye kon ​​in Wes-Asië ontstaan het en kan teruggevoer word na ongeveer 5000 v.C. Hulle het saam met reisigers versprei en is in die 1500’s bekend gestel aan die Verenigde Koninkryk, China en Europa. 

In die 1800's is vye op plase en in tuine in Suid-Afrika geplant, maar daar is nie met hulle kommersieel geboer tot aan die begin van die 1900's nie. In die 1910's het Piet Cilliers plantmateriaal van Kalifornië ingevoer en die eerste kommersiële vyeboom boord op sy plaas in Wellington in die Wes-Kaap geplant. Die vyeboom bedryf het aanvanklik gefokus op gedroogde vye en vyekonfyt maar het met die kommersiële produksie van konfyt en die verwerking van groen vye (breba vye) baie gegroei.

Slegs in die vroeë 2000s het die produksie van die mark vir vars vye om te eet in Suid-Afrika begin, met die uitvoer na die Verenigde Koninkryk en die Europese supermarkte.

Internasionale Vye Produksie

Meer as 1 miljoen ton vye word in meer as 50 lande wêreldwyd geproduseer. Die belangrikste vyeboom produsent is Turkye, wat sowat 26% van die produksie van die wêreld se vye produseer. Hul vernaamste kultivar is 'Swart Bursa 'n groot swart velkleur vy met 'n lang raklewe. Turkye is ook die belangrikste produsent van gedroogde vye. 

Ander-vyeboom produserende lande is Egipte, Algerië, Tunisië en Marokko in Afrika sowel as Sirië, die VSA, Brasilië, Spanje en Iran.

Suid Afrikaanse Vye Produksie Areas

©Weltevrede Fig Farm

Suid-Afrika het 222 hektaar kommersiële vyeboom produksie geplant (2019).

Die warm droë somers van die dorre Klein Karoo streek is die meeste geskik vir die rypwording van vye, maar vye in Suid-Afrika word in verskillende streke geplant. Dit sluit in die Swartland area (Porterville, Riebeeck Vallei, Malmesbury en Hermon), Paarl, Worcester, Napier in die Overberg en in die Klein Karoo (Kammanassie-gebied naby Oudtshoorn en Prins Albert). Die Bonnievale dorp produseer groenvye - ook bekend as breba vye - vir konfyt en daar is 'n paar aanplantings in die Noordwestelike-provinsie naby Rustenburg, Brits en Magaliesberg. Die toegewyde droogmaak van 'White Genoa’ en ‘Adam Vy’ rasse vind plaas in Prince Albert.

Vye Produksie Seisoen

Die vye seisoen in Suid-Afrika begin met die oes van breba vye in November tot ongeveer die middel van Desember. Breba vye is vye wat ontwikkel op lote van die vorige seisoen se vye. Variëteite wat hierdie vroeë vye produseer is 'Adam', 'White Genoa' en 'Dauphine’. 

Die belangrikste vyeboom oes begin in Januarie met die klein ‘Ronde de Bordeaux’ in die begin van Januarie-Maart, en dan word ‘Tangier’ geoes vanaf middel Januarie tot Februarie. Die seisoen eindig met ‘Parisian’, wat ook in die middel van Januarie begin en in April eindig.

Vye Verkope in Suid-Afrika

Volgens die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) was die totale produksie van vars vye in Suid-Afrika sowat 2 000 ton per jaar van 2013/2014 tot 2017/2018. Hiervan is sowat 10% vars verkoop aan die plaaslike Suid-Afrikaanse markte en 'n ander 12% - 13% is verwerk.

Volgens Hortgro het Suid-Afrika 380 ton vye in die 2017/18 seisoen uitgevoer, omtrent 0,12% van die wêreld se vye. Die belangrikste invoerlande vir Suid-Afrikaanse vye is die Verenigde Koninkryk, Hong Kong en Nederland.

Translated by Wilma Koeppen