Tamatie

© Louise Brodie

Wetenskaplike naam: Lycopersicon esculentum Mill.
Algemene name: Tamatie, Tamati, Tamatiso, uTamatisi

Tafeltamaties is een van die mees gekweekte gewasse in die wêreld en daar is honderde verskillende variëteite beskikbaar. Die vrug is ryk aan likopeen en vitamien C. Tamaties word op verskillende maniere gebruik. Ryp tamaties word vars geëet en kan ook gekook of gebraai word. Hulle word ook tot ’n sous, puree, poeier en sop verwerk. Tamaties kan ook ingelê word en gebruik word om blatjan en konfyt mee te maak.

Plant Beskrywing

Die tamatie is ’n meerjarige plant, maar word as ’n jaarlikse plant vir sy vrugte gekweek. Dit is ’n vertakkende, kruidagtige plant met ’n harige, slap stam. Die blare is ook harig en wissel in grootte. Die plant dra geel blomme in trosse. Die vrugte kan rond of gelob wees en wissel in grootte en kleur, van rooi tot pienk of geel wanneer dit ryp is. Die plant produseer plat, effens geboë, harige, ligte bruin sade.

Grondvereistes en Voorbereiding

Ideaal moet die grond tot ’n diepte van ten minste 1,2m goed gedreineer wees, alhoewel ’n diepte van 600mm ook aanvaarbaar is. Maak die grond deeglike los deur van ’n vurk, handhark of graaf gebruik te maak. Die grond moet los gemaak word sodat die wortels goeie deurlugting het, diep in die grond kan penetreer en sodat die water goed kan dreineer.
Om goeie wortelpenetrasie te verseker, moet klippe ook verwyder word en harde lae grond gebreek word. Tamaties is sensitief aangepas tot grondtekstuur en grond wat uit 15% tot 35% klei bestaan is ideaal. Die beste resultate word in diep, goed gedreineerde leemgrond verkry. Hierdie gewas is matig verdraagsaam teenoor grondsuur en die optimale pH-vlak is 5,0 tot 7,0. Vir suksesvolle produsering moet die grond ryk wees aan organiese materiaal en vry wees van aalwurms.

Klimaat

Tamaties is gewoonlik ’n warm seisoen gewas, maar Suid-Afrika se klimaat variasie laat die plant en produksie van vars tamaties in oop velde in verskeie dele van die land regdeur die jaar toe. Hulle is sensitief vir ryp en die ideale temperatuur vir groei is tussen 20°c en 25°c, met maandelikse gemiddelde temperature tussen 18°c en 27°c.
As temperature 35°c oorskry en onder 12°c daal, kan dit ’n negatiewe effek op die groei en kwaliteit van die vrug hê. Warm, droë winde veroorsaak oormatige bloeisels, terwyl aanhoudende klam, reënerige weerstoestande tot die voorkoms en verspreiding van blaarsiektes lei. Dit word daarom aanbeveel dat tamaties in droë gebiede onder besproeiing gekweek word.

Kultivars

Vars mark Tamaties: Floradade, Karino, Rodade, Star 9001, Star 9003, Zeal, Fortress
Konfyt en preserveer tamaties: HTX 14, Legato, Roma, Rossol, Star 9056F, Sun 6216
Kerstamaties: Bamby, Josephine, Little Wonder, Songold, Flavorita, Jasper

Translated by Ananda Schoeman