Tamaties Verbouing

© Louise Brodie

Voortplanting

Tamaties word deur sade voortgeplant en kan direk gesaai word. Saailinge kan ook eers gekweek word en later oorgeplant word. Saailinge word in saaibeddings gekweek en later in die veld oorgeplant.
Wanneer hibriede saad gebruik word, word oorplanting aanbeveel. Die oorplanting van saailinge word ook aangeraai vir tamaties wat vir die vars mark geproduseer word. Saailinge kan uitgeplant word vanaf drie tot vier weke en moet op klam grond oorgeplant word. Gewasse wat geplant word vir verwerking of meganiese oes word gewoonlik direk vanuit die saad geplant.

Saai Tyd

Area: Koel / Warm / Hittig
Ideale Tyd: Okrober / September - November / Februarie - Julie
Moontlike Tyd: September - November / August - Desember / Januarie - Junie

Populasie

12 000 tot 16 000 plante per hektaar

Plant Spasiëring

300 mm tot 500 mm tussen plante
1.5 m tot 2.5 m tussen rye

Groei Periode

Gewoonlik om en by 90 dae tot eerste oes met ’n oestyd van omtrent 80 dae.

Translated by Ananda Schoeman