Suurlemoene in Suid Afrika

©Louise Brodie

Die Kaapse Rowwe Skil Suurlemoen is die oudste variëteit van suurlemoen in Suid-Afrika. Dit is in 1654 na Suid Afrika gebring vanaf St Helena. Suurlemoen bome is in die kolonie se tuine van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie saam met ander vrugte en groente geplant om Europese handelaars van vars produkte te voorsien terwyl hulle op pad na die Ooste was waar hulle speserye en sy gekoop het.

Suurlemoen bome is langs sypaadjies in Kimberley aangeplant tydens die Anglo-Boere-oorlog. 'n Inisiatief om vrugtebome in Soweto aan te plant voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 het die aanplant van sitrusbome in tuine laat herleef.

Produksie

©Louise Brodie

Soos genoem deur die Sitrus Produsente Vereniging is die Oos-Kaap die grootste produsent van suurlemoene met 47% van die totale geregistreerde areas vir uitvoere in 2018. Limpopo area is die tweede grootste area met 34% van die produksie terwyl die Wes-Kaap die derde grootste area is teen 11% van die totale oppervlakte onder produksie wat geregistreer is vir uitvoer.

Variëteite

©Louise Brodie

Eureka is die gewildste variëteit van suurlemoen in die wêreld en in 2018 was dit verantwoordelik vir meer as 80% van die totale geregistreerde suurlemoen uitvoer areas in Suid-Afrika. Die variëteit is oorspronklik "Garey se Eureka" deur Thomas Garey benoem wat in 1877 die ontkiemende hout van saailinge gekies en gepropageer het wat afkomstig was van sade wat uit Italië (waarskynlik Lunaria) gekom het en in Los Angeles in 1858 aangeplant is.

Hierdie variëteit het 'n gladde geel skil, 'n hoë sap persentasie en bevat oor die algemeen minder sade. Afhangende van klimaatstoestande en die produksie streek word die vrugte gewoonlik van vroeg tot laat winter gepluk.

Ongeveer 9% van die aanplant areas was onder Lissabon terwyl 4% onder Limoneira en 3% onder Genua aangeplant was. Die Lissabon soos aangedui deur sy naam het sy oorsprong in Portugal. Dit is die mees koud-bestande van die top vier variëteite wat in Suid-Afrika aangeplant is en dra effens grower vrugte met 'n kleiner tepel wat minder uitstaan as die van die Eureka variëteit.

Die vrugte word gewoonlik aan die binnekant van die boom gedra wat help om die vrugte te beskerm teen ongunstige weerstoestande en sonbrand wat lei tot verkorte oestyd.

Die Limoneira is afkomstig van Kalifornië. Dit is aansienlik meer produktief en het 'n laer saadinhoud as die Eureka. Vrugte bereik sy optimale rypheid van April tot Julie na gelang van die produksie area. Die bome kan gekombineer word met 'n wye verskeidenheid van wortelstamme.

Die Genua het in Italië ontstaan. Dit is 'n vroeë variëteit wat gewoonlik sy vrugte aan die onderkant van die bome dra wat help om die vrugte teen sonbrand en koue temperature te beskerm. Die bome is sonder dorings en kan ge-ent word met 'n wye verskeidenheid van wortelstamme.

Die Landbounavorsingsraad Sentrum in Suid-Afrika het in 1998 die wêreld se eerste pitlose suurlemoen uit 'n Eureka mutasie ontwikkel, die variëteit genoem Eureka TM, maar dit het egter nooit regtig gewild geword nie omdat dit minder gehard en meer oes sensitief as die gepitte variëteite was.

Produksie Seisoen

Die produksie seisoen loop vanaf Februarie tot September afhangende van die variëteit en klimaatstoestande in die produksie streek.

Translated by Wilma Koeppen