Suid Afrikaanse Avokado Kultivare

© Chris Wessels Photography

Gebaseer op die Suid-Afrikaanse Avokado Kwekers Vereniging (SAAGA) is 80% van die avokadobome wat in Suid-Afrikaanse kwekerye geproduseer word die donker velkleur Hass en Hass-tipe kultivars soos Carmen, Gem, Lam-Hass en Maluma. 

Groen-skil avokado kultivars soos Fuerte, Pinkerton, Ryan en Reed make 20% uit van die boom kwekery produksie. Die kultivar avokadopere wat die meeste gegroei word in Suid-Afrika is Hass gevolg deur Fuerte.

Sommige van hierdie kultivars is meer geneig tot sekere siektes en ander kan wissel in terme van voedingsbehoeftes, terwyl boord praktyke soos hantering, snoei en na-oes van kultivars dieselfde bly.

Avokado Kultivare in Suid-Afrika

©Louise Brodie

Beacon
Hierdie kultivar opbrengs bestaan uit klein tot medium en ronde tot ovaal vormige vrugte met 'n gladde groen vel. Die saad holte vermurwe vinnig. 

Reed
Die laat-seisoen ‘Reed Round’ het medium tot groot ronde vrugte. Die vlees is effens neutagtig en verdonker nie wanneer dit gesny word nie. Sy saadjies is klein tot medium en die boom is sensitief vir koue.

Edranol
Die ryk Edranol avokado met sy neutagtige smaak is 'n medium tot groot, ovaal tot peervormige avokado. Die groen skil het kurkagtige lentiselle (lentiselle is afkomstig van die woord lensies, waarna dit lyk). Dit is beskikbaar van Junie tot September en moet gestoor word op 6°C en hoër.

Fuerte
Fuerte is die bekendste avokado in Suid-Afrika. Dit is peervormig met 'n lang nek en 'n gladde, dun, groen skil wanneer dit ryp is. Fuerte se vlees maak maklik kneusplekke en is ryp binne 7 dae vandat dit geoes is. Vroeë rypwording geskied vanaf Februarie tot Augustus. Stoor hierdie avokado’s op 5°C en hoër. Swart merke verskyn op die vel wanneer dit te koud gestoor is. Fuerte is 'n alternatiewe vrugte draende kultivar. Die aantal vrugte vermeerder as die blomme deur bye bestuif word.

Hass
Die ronde eier-vormige Hass is 'n kleinerige avokado met 'n knopperige, harde, groen skil wat verander na swart-pers wanneer dit gereed is om te eet. Hass het 'n ryk en neuterige smaak en is beskikbaar vanaf Mei tot Oktober. Dit word die beste by 5°C en hoër gestoor. Dit het 'n goeie raklewe. Die boom groei stadig en die vrugte mag klein wees in warm streke of wanneer bome ouer word. 

Pinkerton
Die Pinkerton avokado het 'n definitiewe "nek" in vergelyking met ander avokado’s en het 'n rowwe groen vel selfs wanneer dit ryp is. Dit is 'n groot avokado met 'n effens soet smaak en 'n klein pit. Dit het 'n kort seisoen en is slegs beskikbaar tussen Junie en Julie. Stoor dit by 7°C en hoër. Bome is produktiewe draers en daar is baie vrugte aan elke boom.

Ryan
Ryan is 'n laat-seisoen eiervormige avokado wat beskikbaar is vanaf Augustus tot Oktober. Dit is 'n groot vrug met 'n growwe groen vel wat die beste bewaar word teen 5°C en hoër. Die stoor na-oes is by gemiddelde temperatuur. Ryan bome is swaar draers (baie vrugte) en ryp verdraagsaam.

Translated by Wilma Koeppen