Salie Oes Bestuur

© Louise Brodie

Opbrengs - Ton per Hektaar per Jaar

Konservatief
Vars: 6 ton
Droog: 1 ton
Olie: 50 to 60 liter

Gemiddeld
Vars: 8 ton
Droog: 3 ton
Olie: 80 to 100 liter

Goed
Vars: 12 ton+
Droog: 4 ton+
Olie: 150 liter+

Oes

©Louise Brodie

Oes van die meeste groot kommersiële Salie bedrywighede word meganies gedoen deur die sny van 20 cm van die takpunte. Op kleiner produksie-eenhede en in kweekhuise word dit gedoen met die hand, met 'n skerp mes of skêr. Oes van vars punte kan so vroeg as 12 weke begin na saailinge geplant is of steggies gevestig is. Oes moet plaasvind voordat die plant blom, want dit is wanneer die essensiële olie vlakke op hul hoogste is.

Vars Produksie: begin met die oes van blare vroeg in die oggend wanneer die temperatuur nog koel is, maar maak seker die dou op die blare ais droog. Sny die boonste 20 cm van die groeipunte af.

Droë produksie: Vir gedroogde Salie produksie, kan dit gesny word sodra daar genoeg blare is om te oes. Die meeste van die vegetatiewe groei word gesnoei voor dit begin blom. Die blare word geskei van die stingels en dan gedroog teen 40°C met behulp van lug droogtoestelle. 

Essensiële olie produksie: Die beste essensiële olies kom van distillering van die blare van die plant met behulp van die stoom distillasie proses.

Stoor

Vars produksie: Na die oes moet die vars Salie gestoor word teen 1 tot 2°C. Die Salie kan tot ongeveer 2 weke gestoor word. Die relatiewe humiditeit in die stoor moet bo 95% gehou word. Salie begin sy smaak van die wispelturige olies na die oes verloor, so dit is die beste om die vars gesnyde Salie so gou as moontlik te bemark en te gebruik.

Droë produksie: Die gedroogde blare word so gou as moonltik in lugdigte houers verpak sodat hulle hul kleur en geur kan behou. Stoor teen ongeveer 10°C en hou dit uit direkte lig. Droë salie wat gevries is kan ook in lugdigte houers gestoor word.

Essensiële olie: Stoor gebottelde essensiële Salie olie in 'n droë, donker en koel ruimte vir omtrent 'n jaar tot 18 maande na bottelering. Na dié tydperk verloor die olies hul sterkte en geur.

Oes Beskerming

Onkruid is 'n probleem en dit moet gemonitor word. Dit kan geskoffel, meganies met die hand of met onkruiddoders deurlopend deur die jaar verwyder word. 'n Goeie metode is om 'n deklaag met óf plastiek of met vegetatiewe grondbedekkers soos houtvaagsels te meng. Hoë-digtheid aanplantings help om skadu oor die grond te gooi en sodoende die onkruid se ontkieming te keer. Enige bewerking van die grond rondom die plant bevorder onkruid ontkieming, so dit moet tot die minimum beperk word.

Salie, soos die meeste van die hoë olie-produserende kruie met sterk geure, het min peste en siektes, maar dit is die beste om 'n gewasbeskerming bewerking, wat deur 'n voorligtingsbeampte of landboukundige voorgeskryf is, te volg. Plaaslike chemiese handelaars het oor die algemeen die regte programme of kan inligting verskaf oor die beste adviseurs wat in die nabyheid van die produksie area beskikbaar is. 'n Paar algemene peste en siektes word hieronder gelys. 

Plae

Plantluise, Crown gal, skaal, Spinnekop myte, Blaaspootjies en Witvlieg is algemente peste.

Siektes

Bakteriële verrotting, Blaarvlek, Poeieragtige skimmel, Wortel roes en Roes.

Translated by Wilma Koeppen