Plant van Salie

Voortplanting

©Louise Brodie

Voortplanting geskied van saad maar kan ook deur die aanplant van steggies of deur lae te plant gedoen word. Die plant van sade neem langer en die plante kan uiteindelik baie ongelyk wees. Dit is die beste om saad in bakkies in 'n broeikas te begin groei, sodat eweredige saailinge geplant kan word. 

Om Salie te plant en te produseer moet jy 20 cm steggies van die vars groeipunte neem en die onderste blare van die plante wat jy gesny het stroop en dit in water plaas met die laer gestroopte gedeelte onder die water. Sodra jy die vereiste aantal steggies het, kry jy die grond gereed. Dit is gewoonlik 'n mengsel van sand en potgrond in 'n 500 ml plantsak. Dip die nat punte in 'n plant hormoon mengsel en plant in die grond. Na enkele weke het hulle wortels en wanneer die salie saailinge goed groei, kan hulle uitgeplant word.

Plant Metode

Salie aanplanting van groot kommersiële telers word gedoen deur die aanplant van saailinge wat reeds geproduseer is in 'n kweekhuis. Die salie sade word geplant in saailaaie van omtrent 8 tot 10 millimeter diep. Sodra die sade ontkiem en sterk saailinge gegroei het, word hulle in die veld geplant. Sodra die areas met groeiende salie gestig is, is dit 'n goeie praktyk om plantjies te maak van die knipsels om in te plant vir wanneer van die plante doodgaan en gapings tussen die rye veroorsaak.

Spasiëring

Salie plante groei normaalweg tot 'n bal vorm ongeveer 650 mm hoog met 'n deursnee van 500 mm en 600 mm. Wanneer dit geplant word, moet die saailinge 30 cm uitmekaar in rye wat 50 cm of 60 cm uitmekaar is, gespasieer word. Dit is omtrent sowat 50 000 tot 60 000 plante per hektaar. Afhangende van die voertuie en metodes van oes, word die implemente en trekker paaie gelos vir die gebruik vir die bestuurspraktyke en wanneer daar geoes word. 

Saaityd

Saad word gesaai in saailaaie in 'n beskermde omgewing of kweekhuis gedurende Junie in Suid-Afrika, en in die vroeë lente sal die salie saailinge sterk genoeg wees om in die veld uit te plant.

Planttyd

Die beste tyd om Salie saailinge te plant is in die vroeë lente (Augustus tot vroeg in September). As die vroeë herfs warm genoeg is, kan daar aangeplant word solank die plante sterk groei voor die winter koue intree. 

Groei Periode

Na ses tot tien weke in die broeikas behoort Salie saailinge sterk genoeg te wees om uit te plant. Sommige produsente begin al oes van so vroeg as vier maande na die aanplanting van die saailinge. Sorg moet geneem word om nie te veel te oes in die eerste jaar nie, omdat dit spanning vir die plant kan veroorsaak. Volle oes sal in die somer van die tweede jaar kan geskied. Salie plante kan tot en met 6 jaar geoes word indien dit behoorlik bestuur word. Vanaf die tweede jaar word die plante in die vroeë lente terug gesnoei tot omtrent 10 cm bo die grond.

Bevrugting

Voor aanplanting moet 'n grondmonster geneem en gestuur word vir ontleding. Dit sal die grondtipe en die voedingsbehoeftes vir die Salie plante identifiseer sodat dit kan floreer. 

Die volgende aanbeveling kan gebruik word as 'n program. Aanvanklik kan 300 kg per hektaar toepassing van 2:3:4 (31) uitgesaai en opgeneem word in die boonste 20 cm van die grond voor die aanplant van die Salie saailinge. Dit sal die nuwe saailinge 'n goeie begin gee om hulself te vestig. Gedurende die eerste 12 maande is dit belangrik om die plante aan die groei te hou, so 'n verdere toepassing van 300 kg van 2:3:4 (31) kan toegepas word langs die plantrye in Desember of Januarie na die oes. Dit is raadsaam om te bemes na elke oes. Dit is baie belangrik om nie te veel met stikstof te bemes nie, omdat dit die sterkte van die aroma en olies in die blare sal verminder.

Besproeiing

Hoewel die Salie plant beskou word as 'n geharde en waterwyse plant, is dit nie goed om die plant te stres deur onderbesproeiing of oorbesproeiing te laat plaasvind nie. Onderbesproeiing kan die plantgroei en produksie negatief beinvloed, en oorbesproeiing kan wortelsiektes veroorsaak. Dit is beter om vog meettoestelle te installeer om voortdurend die grondwaterinhoud te monitor.

Afhangende van grondtipes en die weer, sal besproeiing volumes verskil van gebied tot gebied. 'n Goeie gemiddelde besproeiing is tussen 20 en 30 mm per week gedurende die warm somermaande en minder tydens koeler of reën maande van die jaar. Soos met ander olierige kruie moet jy probeer om nie die plant te besproei in die week voor oestyd nie. Dit is goed om onmiddellik na oes te besproei om grond terug na die optimum voginhoud te bring. Dit is ook belangrik om die grond deur die wortel profiel te dreineer en die boonste 5 cm op die oppervlak om uit te droog voor dit natgemaak word.

Translated by Wilma Koeppen