Pruim Produksie

South Africa is internationally known for the high quality of its plums.

Geskiedenis

Die oorsprong van pruime kan teruggevoer word langs twee lyne; die gemeenskaplike Europese pruim wat sy oorsprong in die Swart en Kaspiese see het en die Japanese pruim wat sy oorsprong in China het. Japanese pruime is tipies rooi, groter en sappiger as Europese pruime wat hoofsaaklik pers of blou en ook groen of geel van kleur is. Die Europese pruime is ovaalvormig terwyl die Japanese pruime ronder is met 'n skerp onderkant.

Vir die Chinese simboliseer pruime geluk en legende het dit dat die antieke Chinese filosoof, Lao Tze, onder 'n pruim boom gebore is. In die Chinese historiese roman, Legendes van Drie Koninkryke, oorreed een van die bekendste vegters, Cao Cao, sy soldate om uit die gevaar weg te beweeg deur vir hulle te sê daar is 'n boom met sappige pruime wag reguit voor hulle op hulle wag.

Suid Afrikaanse Produksie

South African plums on the vine in a harvest field.

Pruime is deur Jan van Riebeeck aan Suid Afrika bekend gestel wat op 11 Oktober 1656 in sy dagboek daarna verwys.

Harry Pickstone wat beskou word as die vader van die Suid-Afrikaanse vrugtebedryf het rondom 1896 verskeie Japanese variëteite van Kalifornië ingevoer en tydens 1907 die eerste inheemse Suid-Afrikaanse variëteit in KwaZulu-Natal ontdek.

Die ingevoerde variëteite het nie goed gedoen onder Suid-Afrika se produksie toestande nie wat gelei het tot formele navorsing en ontwikkelingsprogramme wat hoofsaaklik gedryf is deur die Landbounavorsingsraad Sentrum (ARC) en spesifiek Infruitec Nietvoorbi. Deur die jare het die ARC produksie standaarde en nuwe variëteite ontwikkel wat beter geskik is vir die Suid Afrikaanse klimaat en produksie toestande waarvan sommige nog in hoë aanvraag vandag is.

Produksie Areas

New plantations of ruby sun plum trees near Robertson.

Pruime vereis lae temperature in die winter om in 'n rustyd in te gaan vir optimale blom en vir groei om plaas te vind. Hulle word in die hele Suid-Afrika geproduseer maar hoofsaaklik in die Wes-Kaap waar klimaatstoestande die mees gunstigste vir pruim produksie is. Die Klein Karoo het die grootste area onder produksie gevolg deur Paarl, Wolseley, Tulbagh, Stellenbosch, Franschhoek, Ceres, die Langkloof, Villiersdorp en Vyeboom.

Pruime kan in 'n verskeidenheid van grondtipes groei maar verkies diep goed gedreineerde grond wat wissel van sandleem tot sandkleileem soos gesien in die Departement van Landbou se omvattende Pruim Produksie Gids. Hierdie vrug tipe is meer verdraagsaam vir grond wat deurnat is as die meeste ander steenvrugte, met die uitsondering van die knopwortel nematodes. Pruime is hoogs sensitief vir patogene nematodes. Reën of winderige toestande het 'n negatiewe impak tydens die blom op bestuiwings fases en sal lei tot 'n swak vrugte omset.

Variëteite

ʼn Groot verskeidenheid van pruim variëteite word in Suid-Afrika geproduseer. Die keuse van kultivar is hoofsaaklik afhanklik van produksie toestande soos die koue vereiste van die kultivar, siekteweerstand en die vereistes van die teikenmark. Die Hortgro se Belangrikste Sagtevrugte Statistiek het aan die lig gebring dat Angeleno die mees aangeplante variëteit in 2018 was en verantwoordelik is vir ongeveer 10% van die area onder produksie.

Laetitia is vir 9% van die oppervlakte onder produksie verantwoordelik terwyl Songold, African Delight en Fortune elk verantwoordelik is vir 6% en Sapphire vir 5%. Pionier, Flavor King, Flavor Fall, African Pride of Sunkiss en African Rose is verantwoordelik vir 3% terwyl Southern Belle, Purple Majesty, September Yummy, Sun Supreme en Larry Anne elk vir 2% verantwoordelik is.

Van die statistieke is dit duidelik dat boere hoofsaaklik Angeleno en Ruby aanplant wanneer nuwe boorde gevestig word.

Seisoen

Blossoms of African Delight, which produces red skin yellow fleshed plums.

Afhangende van klimaatstoestande, produksie-areas en variëteite word pruime vanaf die tweede week van November tot die einde van Februarie in Suid-Afrika geproduseer.

Verkope

Most of South Africa's plums are exported.

Suid-Afrika se pruime is van hoogstaande gehalte en ontvang goeie pryse op die internasionale mark wat help met die bevordering van die plaaslike ekonomie en werksgeleenthede in die landelike gebiede in stand te hou.

Ongeveer 74% van Suid-Afrika se pruime word jaarlikse uitgevoer met Europa wat vir meer as die helfte en die Verenigde Koninkryk vir sowat 'n kwart van hierdie verkope verantwoordelik is. Groot volumes word ook na die Midde-Ooste, Rusland, die Verre Ooste en Asië gestuur. Net meer as 20% van die pruime word plaaslik verkoop en 3% word verwerk.

Gebruike

Pruime is 'n uitstekende bron van vitamiene, minerale en vesel. Navorsing het ook bevind dat die klip vrug soortgelyke vlakke van anti-oksidante as bloubessies het en moet dus as 'n super vrug erken word.

Pruime word hoofsaaklik vars en in slaaie geniet, maar kan ook verwerk word. Pruim souse wat gebruik word in en op verskeie van hul geregte is 'n ou gunsteling van die Chinese.

Translated by Wilma Koeppen