Olyfprodukte

© Roger de la Harpe

Olywe is veelsydige klein vruggies en word gebruik om ‘n verskeidenheid waarde-toegevoegde produkte te maak afgesien van olyfolie – die vernaamste olyfverwante produk is Suid-Afrika. Ander olyfverwante produkte sluit in tafelolywe, geprosesseerde olywe in die vorm van olyftapenade en olyfvelsorgprodukte.

Olyfolie word gemaak in verskeie grade waarvan die beste suiwer of ‘extra virgin’ olyfolie is wat ook die meeste gesondheidsvoordele bevat.

Olie kan ook gegeur of gemeng word met geurbestanddele om unieke produkte te skep soos truffelolie, vinkelgegeurde olie of chillie-knoffelolies.

Tafelolywe

Vars olywe is bitter en moet behandel word om die bitter glukosides uit die vrugte uit te loog voordat dit eetbaar word. Daar is verskillende wyses waarop olywe behandel kan word: om die olywe vir ‘n tydperk in soutwater te laat lê – ‘n lakto-fermentasieproses. Olywe kan ook in sout gepak word, in water geweek en dikwels afgespoel word oor baie maande, of deur dit in ‘n bytsoda-oplossingl te laat lê – ‘n Spaanse metode wat vir groen olywe gebruik word.

Die gewildste kultivars vir die produksie van tafelolywe in Suid-Afrika is Manzanilla, Mission en Kalamata.

Die plomp, vlesige Manzanilla (‘klein appeltjie’ in Spaans) is die premium variëteit vir groen prosessering en het ‘n groot pit-tot-vleis ratio. Dis baie geskik vir gebruik as ‘n ontpitte of opgestopte olyf, maar het ‘n lae olie-inhoud.

Mission is ‘n kleiner olyf as Manzanilla. Dis die mees-geplante olyfvariëteit in Suid-Afrika – 659 ha vergeleke met 133 ha Manzanilla. Geskik vir swart tafeloyfproduksie, maar kan ook gebruik word vir olyfolie.

Kalamataolywe neem toe in Suid-Afrika, met 161 ha reeds aangeplant. Dit word gebruik vir swart tafelolywe en het ‘n laer olie-inhoud as Mission.

Tafeloyfprodukte

Olywe kan gepekel (in sout), gepiekel (in asyn) of in olie verpak word en kan ‘gewoon’ (plain) of gegeur wees. Biltonggegeurde olywe, olywe gegeur met kruie, gekombineer met songedroogde tamaties en fetakaas of pesto, is alles voorbeelde van waardetoegevoegde olyfprodukte.

Groter volumes olywe soos 5 kg en 15 kg word verpak in plastiekemmers. Ingelegde olywe neig om hul voedingswaarde te verloor in die proses.

Olywe kan gevriesdroog, met warm lug gedroog, met sout gedroog of songedroog word.

Geprosesseerde Olyfprodukte

Olywe kan gekombineer word met ander bestanddele, soos uie en chillies, om souse, blatjang en konfyte te maak, of hulle kan gepiekel word saam met wilde knoffel of kruie.

Olyftapenade is ‘n pasta gemaak van ontpitte, fyngemaakte swat olywe, gemeng met kappertjiesaad en olyfolie. Dit kan gegeur word met anjovis, suurlemoen en tiemie en gebruik word as ‘n smeer op brood of as bestanddeel in vis, pasta of groentegeregte.

Olyfpatee wor van fyngemaakte olywe gemaak en kan ongegeur of gegeur wees.

Natuurlike Velsorg

Olyfolie word al vir duisende jare gebruik as ‘n antibakteriese middel, reininger, vogmiddel en masseerolie vir vel, naels en hare. Moderne gebruike van olyfolie sluit ook in seep, “body scrubs”, balsems en botters, babaprodukte en insekwerende balsems.

Olyfolie bevat ‘n horde voordelige bestanddele wat insluit vitamiene E, squalene, polifenole en ‘n verskeidenheid ‘goeie’ vetsure – hoofsaaklik oleïensuur 75% - maar ook linoleensuur en palmitiensuur.

Polifenole mag verantwoordelik wees vir sommige van die medisinale eienskappe van olyfolie en dit sluit in anti-inflammatoriese, antivirale en immunomodulatoriese aksies.

Daar word geglo dat olyfolie waarskynlik die enigste plantgebaseerde bron is van squalene en squalane. Hierdie verbindings, wat ook voorkom in die lewer van haaie, is natuurlike versagtingsmiddels wat die voorkoms van plooie, letsels en pigmentasie kan verminder.

Dit is bekend dat oleïensure (omega 9) skilfers voorkom en haargroei stimuleer. Linoleensure (omega 6) help met die genesing van wonde, laat aknee bedaar en bevorder die behoud van vog in die vel en hare. Linoleensuur (omega 3) (verminder inflammasie en vitamiene E is ‘n kragtige antioksidant en oorvloedig in vars olyfolie.

Let wel:
Inligting is slegs bedoel vir opvoedkundige en inligtingsdoeleindes en mag nie vertolk word as mediese advies nie.  Die doel van die inligting is nie om mediese advies of behandeling deur gesondheidsorgspesialiste te vervang nie.

Translated by Elna Van Rhyn