Olyfolie

© J Weber Institut National de la Recherche Agronomique

Olyfolie is afkomstig van die vrugte van die olyfboom (Olea europaea), wat inheems is aan lande rondom die Mediterreense See.

Olyfolie is baie veelsydig en word gebruik in kos, as kookolie, in kosmetiese produkte, in religieuse rituele, as ‘n smeermiddel en as ‘n basis in reinigingsmiddels en seep.

Olyfolie, en veral ekstra virgin olive oil (EVOO), het vele gesondheidsvoordele soos hoë vlakke van polyphenols wat beide antioksiderend en anti-inflammatories funksioneer en die risiko van tipe II diabetes kan verminder en ook beroertes en borskanker kan voorkom.

Wat is Extra Virgin Olyfolie

EVOO is die topgraad olyfolie. Hierdie term verwys nie na ‘n spesifieke olyfolievariëteit of oestyd nie, maar dui eerder die wyse aan waarop die olie onttrek is. Om as “extra virgin” geklassifiseer te word, moet die olie afkomstig wees uit die eerste pars van vars-geoeste en onbeskadigde olywe. 

Gedurende hierdie parsproses word geen chemikalieë of buitengewone hitte gebruik nie. Sodra die olie onntrek is, word dit getoets om te verseker dat dit voldoen aan “extra virgin” standaarde. Dit sluit in chemiese standaarde soos vrye vetsuur en peroksiedevlakke. EVOO het ‘n vrye suurheidsvlak van laer as 0.8%.

Olyfolieklasse

Soos hierbo genoem, is EVOO die beste kwaliteit olyfolie.

Suiwer olyfolie is ‘n natuurlike, ongeraffineerde olie met minimale defekte en ‘n vrye suurgehalte van tussen 0.8 en 2%. (Suurgehalte, waaraan die kwaliteit van olyfolie gemeet word, verwys na die meet van die hoeveelheid vryevet oleïese suur wat die volopste suur in olyfolie is).

‘Koudgeparste’ of ‘koud-onttrek’ beteken dat die onttrekkingstemperature gehou is onder 28°C. Hierdie lae temperature voorkom die verlies aan temperatuur-sensitiewe vitamienes, antioksidante en geursamestellings.

Geraffineerde of ligte olyfolie is die klassifikasie van olie wat ontreuk en gebleik is. Die resultaat is ‘n byna deursigtige olie met ‘n baie subtiele geur met laer gesondheidsvoordele as waarvoor suiwer olyfolie (“extra virgin") bekend is. Hierdie ‘ligte’ olyfolies verwys slegs na die kleur en geur en beteken nie dat dit “lig” is in kilojoules, of dat dit ‘n dieetproduk is nie. Alle klasse olyfolie het dieselfde kilojoule-inhoud. Terme soos ‘suiwer’/’pure’ of ‘100% suiwer’/’pure’ is bemarkingsterme en dui aan dat die olie geraffineer is.

“Olive pomace oil’ is ‘n olie wat chemies ge-ekstraheer is uit soliede afval – pitte, skille en pulp wat oorgebly het na die parsproses. Dit kan nie as ‘olyfolie’ geklassifiseer word nie, veral nie as ‘pomace olive oil’ soos dit (verkeerdelik) op etikette aangedui word nie.

Style van Extra Virgin Olyfolie

Suiwer olyfolie word geklassifiseer volgens drie style – intens vrugtig, medium intensiteit en delikate olies. Die styl word grootliks beïnvloed deur die spesifieke olyfvariëteite: ‘n enkel-variëteitolie of ‘n versnit van verskillende kultivars. Die rypheid van die olywe, die produksie-area, grond en die weer van die seisoen, speel alles ‘n rol in die finale styl van die olie. Jong olywe kan vrugtige nuanses bydra, soos groen appels of perskes, terwyl ryper olywe elemente van pynappel en piesang kan bydra.

Die ‘delikate styl olyfolie word aanbeveel vir gebruik in mayonnaise, vinaigrettes en op vrugte. Die vrugtige styl olyfolies is geskik vir die voorbereiding van vleis, om knoffel en uie te soteer, vir sop en selfs roomys. Die medium-intensiteit styl is weer baie geskik vir gebruik saam met hoender, vis, slaai en om mee te bak.

SA Olive beveel die volgende welbekende variëteite aan vir die maak van verskillende style olie:

Leccino - sagte, subtiele kruiegeure.
Frantoio – die meeste geplant in SA, sterk groen ondertone.
Coratina – kan ‘n nogal bitter olie lewer.
Favolosa – lewer ‘n intense vrugtige olie.
Mission – ‘n tafelolyfvariëteit wat gebruik kan word om gerondheid in ‘n versnit te verkry.

Translated by Elna Van Rhyn