Die oorsprong van die nektarien is onbekend maar dit is vermoedelik meer as 4 000 jaar gelede in China ontwikkel omtrent in die tyd toe mense perskes as 'n eetbare vrug ontdek het. Die meeste van die kultivars wat vandag gegroei word is afgelei van ekotipes wat inheems aan Suider-China is.
Nektariens en perskes is dieselfde spesie, maar word kommersieel as 'n ander vrug beskou. Die belangrikste verskil is dat nektariens 'n resessiewe geen bevat wat veroorsaak dat hulle 'n gladde vel het, terwyl perskes 'n donserige vel het. Behalwe dit is nektariens oor die algemeen soeter en effens kleiner as perskes.
Die naam 'nektarien' is vir die eerste keer in Engeland rondom 1616 gebruik waarskynlik as 'n afleiding van die woord 'nektar’ wat verwys na die soetheid van die vrugte. China is die wêreld se voorste nektarien produsent.
Nektariens saam met perskes is 'n paar van die eerste vrugte wat in Suid-Afrika verbou is na die aankoms van Jan van Riebeeck in 1652. Teen 1892 was nektariens en perskes die mees aangeplante bome in die Kaapkolonie.
Nektariens word regoor Suid-Afrika geproduseer, maar die grootste deel van die produksie is afkomstig van die Wes-Kaap. Volgens die Hortgro Tree Sensus van 2018 is Ceres verantwoordelik vir byna die helfte van die produksie met groot volumes wat ook afkomstig is van Wolseley, Tulbagh, die Klein Karoo, Paarl, en die Noordelike Provinsie.
'n Verskeidenheid van nektarienkultivars word geplant met die besluit van watter variëteit om te plant wat hoofsaaklik gemotiveer word deur omgewingsfaktore en die mark navraag. Boere vervang ou kultivars wanneer daar nuwe en verbeterde kultivare beskikbaar is.
In 2018 was Alpine die mees aangeplante verskeidenheid gevolg deur Augustus Red. Ander rasse sluit Royal Ruby, Super Star, May Glo, Luciana, Fantasia, Sunburst, Skye, Tiffany, Artic Wolf, Sunlite, Garofa, Margaret pride, Crimson Glo, September Bright, Summer Fire, Fire Pearl, Garcia en Summer Bright in.
Nektarien variëteite verskil in terme van hul koue vereistes, tyd van rypwording, fisiese voorkoms en vatbaarheid vir verskeie siektes. Die skille is gewoonlik wit of geel.
Die Suid-Afrikaanse produksie seisoen hang af van klimaatstoestande en die produksie-area en kultivar. Die seisoen loop gewoonlik vanaf Oktober tot Maart met klein volumes wat ook in April geproduseer word. Die produksie seisoen laat toe dat die land nektariens verskaf aan lande wat in die Noordelike Halfrond geleë is op 'n tyd wanneer die produksie in dié lande laag is.
Suid-Afrika wat maar 'n klein internasionale verskaffer is het 'n goeie reputasie vir die uitstekende gehalte van sy uitvoer vrugte gegenereer. Die aantal kartonne wat uitgevoer word het toegeneem oor die afgelope paar jaar, met meer as die helfte van die uitvoer volumes wat gaan na die Verenigde Koninkryk. Die Europese Unie en die Midde-Ooste neem ook groot volumes terwyl kleiner volumes gaan na die Indiese Oseaan-eilande, Rusland, die Verre Ooste, Asië en die res van Afrika.
Nektariens is hoog in vesel, vitamiene en minerale en bevat voordelige plant verbindings soos anti-oksidante wat die liggaam beskerm teen veroudering. Die vrugte en skil is eetbaar, maar die pit moet weggegooi word. Nektariens word hoofsaaklik rou geëet en is ook lekker in slaaie.
Wanneer nektariens gekoop word moet die gladde, ferm, en helder-kleurige vrugte gekies word. Nektariens kan ryp word deur hulle in 'n bak met ander vrugte soos appels of piesangs te sit. Alternatief kan hul raklewe verleng word deur hulle in 'n yskas te plaas om die rypwordings proses te vertraag.
Die pit kan verwyder word deur die nektarien langs die naat te sny en die helftes in teenoorgestelde rigtings te draai en dit dan van mekaar te trek.
Translated by Wilma Koeppen